Loving Life TV

‼️PLAAS AANVALLE IN SA – DIE HARDE WERKLIKHEID‼️

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. ‼️PLAAS AANVALLE IN SA – DIE HARDE WERKLIKHEID‼️

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #405467
    Nat Quinn
    Keymaster

    ‼️PLAAS AANVALLE IN SA – DIE HARDE WERKLIKHEID‼️

    ● Eerstens is dit dalk tyd dat jy begin glo dat jy wel aangeval KAN word in Suid Afrika?
    ● Daar is GEEN logiese rede(s) waarom jy nie ‘n kans staan om op een of ander stadium in jou lewe aangeval te word nie.
    ● Die beste basiese veiligheidswenk is wel om te bid vir beskerming, maar jy kan nie bid en verder op jou agterent sit en self niks doen nie? Die Bybel sê baie duidelik – WAAK en bid!
    ● Wees dus geestelik, fisies en psigologies voorbereid om jou self te kan verdedig indien nodig.
    ● Begin voorberei deur ‘n opname te maak van jou huidige persoonlike vaardighede en tekorte.
    ● Dink realisties aan hoe jy sal reageer tydens ‘n konfrontasie – die aantal aksieflieks wat jy al gekyk het gaan nie hier tel nie!!
    ● Wat is jou styl? Gaan jy veg, oorgee, vlug, in trane uitbars of vries? Kan jy verbeter op dit?
    ● Dink aan verskillende strategieë. Praat met ander mense wat al die pad gestap het oor moontlikhede tydens konfrontasies. As jy al in ‘n aanval betrokke was – deel dit met ander.
    ● Oefen jou brein en jou onderbewussyn – dit is magtige wapens waaroor ons beskik!
    ● Deur pro-aktief te wees en voor te berei op enige moontlike situasie, gaan daar natuurlik al hoe meer opsies beskikbaar word as jy jouself in ‘n konfrontasie bevind.
    ● Die beste manier om al hierdie te doen is natuurlik om opleiding te kry by kenners wat spesialiseer in dit. Jy KAN NIE alles self doen en weet nie!
    ● Elke konfrontasie sal anders wees. Wat ons wel weet is dat dit ONVERWAGS en BLITSIG sal gebeur. Ons kan nie voorberei vir almal van hulle nie, maar ons kan wel voorberei vir die meeste.
    ● Die beste reaksie sal afhang van ‘n kombinasie van baie faktore, soos waar vind die aanval plaas, wat is die eienskappe van die aanvaller(s), is daar wapens teenwoordig en dan ook jou persoonlike vernuf en beskikbare wapens.
    ● Jou mees effektiefste wapens in enige situasie bly natuurlik jou voorbereiding, oordeel en vaardighede.
    ● Slegs jy self kan besluit hoe jy gaan reageer in enige gegewe situasie. Wanneer jou lewe bedreig word, vertrou op jou God, jou self en jou vaardighede – jy het heel moontlik die voordeel bo die aanvaller(s).
    ● Bly so kalm as moontlik. Dink rasioneel sonder paniek. Kry ‘n manier om van die gevaar te ontsnap, al beteken dit om ‘n lewe of lewens te neem!
    ● Onthou, vlug bly nog steeds een van die beste maniere om uit gevaar te kan kom – dis nie ‘n “skande” as dit jou lewe kan red nie!
    ● Evalueer gedurig die situasie en kyk na jou opsies beskikbaar. Die menslike brein is in staat daartoe om sowat 80 “planne” per minuut uit te kan dink in ‘n noodsituasie. Maar as jy nie voor die tyd voorberei het nie, gaan dit 80 “empty files” wees!
    ● Laaste, maar nie die minste nie – as jy voorbereid is – veg vir jou lewe, skiet jou pad oop, maai so veel as moontlik aanvallers af – dis na alles jy of hulle!
    ● Hou aan die situasie opsom en reageer op elke moontlike kans wat jy kry – moet nooit, ooit opgee nie – ons het ‘n reg op lewe in hierdie land – dwing dit af, maar binne die Wet!!
    ● “Last, but not least – the more you sweat in training, the better you will be in battle”

    Kallie Roux
    UNITE AGAINST FARM MURDERS/ ATTACKS

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.