-
BRAAMFONTEIN. – Die voormalige uitvoerende hoof van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), Andile Nongogo, het ’n dringende hofaansoek teen die fonds gebring na hy verlede week afgedank is.
Nongogo het na die arbeidshof in Braamfontein gegaan om sy werk terug te kry. Hy het gesê hy is afgedank sonder ’n dissiplinêre proses en dis waarom hy sy afdanking wil laat omkeer.
Volgens hom is sy afdanking ‘n oortreding van sy kontrak en hy wil sy werk terughê.
NSFAS het Nongogo verlede afgedank met onmiddellike effek op grond van ’n oortreding van beleid en vertroue.
Nongogo was glo betrokke by beweerde bedrog, korrupsie en onwettige tenderhandel.
- You must be logged in to reply to this topic.