Loving Life TV

AfriForum lede R15 000 beboet vir gemeenskapswerk

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM AfriForum lede R15 000 beboet vir gemeenskapswerk

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #399232
    Nat Quinn
    Keymaster

    AfriForum hoofkantoor is besig om die wetlike aspekte van die boetes te ondersoek.

    Die Tshwane munisipaliteit het Donderdag AfriForum Groter Moot R15 000 beboet omdat dié tak se buurtspan ’n verstopte stormwaterdrein reggemaak het.
    Volgens ’n persverklaring, was die buurtspan besig om verstopte stormwaterdreine by die hoek van HF Verwoerdweg en Jacobsstraat oop te maak toe twee metropolisiebeamptes op motorfietse daar stilhou.
    Dadelik was daar aggressie oor AfriForum se wegverlof (wayleave) om op ’n publieke pad te werk gevra, verduidelik die persverklaring.
    Die metropolisiebeamptes het blykbaar glad nie belang gestel in enige verduideliking oor die noodsaak van die werk nie en het voortgegaan om twee boetes uit te skryf, elk ter waarde van R7 500.
    “Besighede sit al met hul hande in die hare as gevolg van die verstopte stormwaterdreine in daardie omgewing wat elke keer as dit reën opdamming van water veroorsaak,” verduidelik buurtbeampte, Andries Opperman.
    “Die water spoel in besigheidspersele in en maak die, baie besige M5 uiters gevaarlik.
    Opperman sê dit is juis die rede hoekom AfriForum Groter Moot ingespring het om te help. Hulle het “’n uiters onaangename taak aangepak om die gemors en grond uit te grawe uit die stormwaterdreine sodat die water weer vrylik kan loop”.
    “Terwyl die stadsraad van Tshwane reeds met R20-miljard uitstaande op hulle debiteure boek sit, met geen vooruitsig van behoorlike dienslewering aan gemeenskappe nie, besluit hulle juis om ’n gemeenskap wat probeer help, te probeer intimideer en op te trap.
    “Daar is presies een blok vanwaar die boete uitgeskryf is, ’n onwettige plakkerskamp en grondvergryping. Die AfriForum Groter Moot buurtwag het al by verskeie geleenthede met die TMPD en die stadsraad geskakel om hulp te probeer kry met bywet- toepassing, maar sonder sukses.”
    Opperman verduidelik dat die buurtspan slegs die gemeenskap wil help.
    Die buurtwag het al mediese bystand verleen aan ’n skoolkind wat tussen die plakkershutte ’n oordosis dwelms geneem het.
    Daar is onwettige elektrisiteitskonneksies en haglike riooltoestande gevind.
    Die bestuur van AfriForum Groter Moot is dit egter eens dat hulle nie hul sal laat intimideer deur hierdie boeliegedrag nie.
    “Ons het ’n reg om in ’n versorgde en veilige Moot te woon.
    “Ons het ook ’n reg om dit vir ons self en ons kinders te bewerkstellig,” verduidelik Opperman.
    AfriForum hoofkantoor is besig om die wetlike aspekte van die boetes te ondersoek.

     

    SOURCE:AfriForum lede R15 000 beboet vir gemeenskapswerk | Rekord

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.