Nog ‘n voorval
‘n Paar kilometer van De Bruyn se plaas – op die R559 tussen Randfontein en Carletonville – het nog ‘n aanval ure voor die van De Bruyn plaasgevind.
Randfontein Herald berig ses gewapende rowers het eers ‘n veewagter aangerand voordat hulle waardevolle besittings van hom en sy vrou geneem het. Die rowers het toe 150 beeste gesteel.
Hierdie insident het ongeveer 19:15 gebeur en Chris Lessing, die eienaar van Tac-Med Crime Prevention Unit in die Wesrand, het aan die koerant vertel dat die rowers honde gehad het wat hulle gehelp het om die beeste in die rigting van die R559 te jaag.
“Nadat die lede daarin geslaag het om ‘n paar van die beeste te vind, het hulle besluit om dieper in die bos in te beweeg om die oorblywende beeste te vind. Al die beeste is [na ‘n ruk] terug na die perseel gelei.”
Hy waarsku dat vee gesteel word om vir kontant verruil te word of om die vleis teen goedkoper as die norm te verkoop.