Loving Life TV

Graad 10-leerder ná skool doodgesteek

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Graad 10-leerder ná skool doodgesteek

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #391727
    Nat Quinn
    Keymaster
    Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het ‘n voorval bevestig wat op Donderdag, 2 Februarie 2023 plaasgevind het, waar ‘n graad 10-leerder van Geluksdal Sekondêre Skool in Brakpan, Ekurhuleni, doodgesteek is.
    Daar word beweer dat hierdie bakleiery voortgespruit het uit drie graad 10-seunleerders wat ander leerders met pepersproei gespuit het gedurende skoolure.
    Daarna het sowat agt leerders hulle oor hul gedrag gekonfronteer en hulle het opgehou. Daar word egter beweer dat die oortreders ná skool in die geselskap van onbekende persone wat nie van die skool is nie, was.
    Gevolglik het dié groep glo ’n bakleiery begin met die leerders wat ontevrede was oor hul gedrag en hulle begin steek.
    Ongelukkig is een van die leerders aan ‘n noodlottige steekwond oorlede. Een leerder het na bewering met ligte beserings ontsnap, terwyl een van die vermeende oortreders ernstig beseer is.
    Albei is in ’n ambulans na die Pholosong-hospitaal geneem.
    Die polisie het die toneel bygewoon en ondersoek die omstandighede rondom dié voorval.
    Die departement se sosiale ondersteuningspan sal uitgestuur word om die nodige berading en trauma-ondersteuning te verskaf.

     

    Graad 10-leerder ná skool doodgesteek (afrinuus.com)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.