Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Megan Griesel se vermeende moordenaars bly tot volgende jaar agter tralies

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #428855
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die 20-jarige Megan Griesel, ’n kleuterskoolonderwyseres, is verlede maand doodgeskiet toe sy vermoedelik in kruisvuur van ’n winkelroof in Mashishing, Mpumalanga beland het.

    Sedertdien is twee verdagtes, naamlik Mcolisi Queention Makama (27) en Sanele Floyd Magagula (27), in hegtenis geneem. Hierdie verdagtes het Dinsdag weer in die landdroshof verskyn. Hulle het nie om borgtog aangesoek gedoen nie en geen persfoto’s van die twee is toegelaat nie.

    Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het gesê die twee verdagtes het op aanklagte van moord en sakeroof verskyn.

    Die staat het vir lang uitstel gevra sodat die ondersoeke in die saak afgehandel kan word. Makama en Magagula sal tot hulle volgende hofverskyning in Januarie 2024 in aanhouding bly.

     

    source:Megan Griesel se vermeende moordenaars bly tot volgende jaar agter tralies (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.