Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Nege voertuie in een aand deur ysterpenne en klippe beskadig Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #461311
    Nat Quinn
    Keymaster

    Nege voertuie in een aand deur ysterpenne en klippe beskadig

    Foto’s: Chandré N14 Emergency Report Spiking Pretoria to Krugersdorp WA-groep

    GAUTENG. – Altesaam nege voertuie is Vrydagaand alleen deur skerpgemaakte ysterpenne en klippe op paaie rondom Pretoria beskadig.

    Volgens LiveTraffic is een van die slagoffers wat ‘n band geruil het, beroof. Al die slagoffers is aangeraai om kriminele sake by die polisie oop te maak. Dit is belangrik sodat wanneer ‘n verdagte(s) aangekeer word, daar wel geregistreerde sake is om ‘n vonnis te verseker.

    Vyf voertuie het tussen Witbank en Bronkhorstspruit deurgeloop. Nog ‘n voertuig is op die N1 naby die Doornpoort-tolplaza, een voertuig op die N1 naby die Petroport, een voertuig op die N4 Bakwena-hoofweg naby die R80, een voertuig naby die Brits-tolplaza en een voertuig by die Bossemanskraal-afrit in die rigting van Pretoria beskadig.

    LiveTraffic het al die persone van veiligheidsmaatskappye, Bakwena, TracN4, die SAPD en Tshwane-metropolisie vir die voortdurende poging om die paaie te probeer veilig hou, bedank.

     

    bron:Nege voertuie in een aand deur ysterpenne en klippe beskadig – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.