Loving Life TV

Nog geen teken van Amerikaanse vrou wat in Kaapstad verdwyn nie

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Nog geen teken van Amerikaanse vrou wat in Kaapstad verdwyn nie

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #401770
    Nat Quinn
    Keymaster

    OPDATERING: Julie Goodness is vroeër vandag veilig gevind en met familie en vriende herenig. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het dié nuus aan AfriNUUS bevestig.

    Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat die Kaapstad Sentraal SAPD ’n saak ondersoek nadat Julie Goodness (38) as vermis aangemeld is.
    “’n Multi-dissiplinêre soektog is begin na die vermiste 38-jarige wat laas gesien is toe sy haar huis op Maandag, 24 April 2023, om 07:45 verlaat het. Daar word verneem dat sy na Tafelberg gestap het,” sê Pojie.
    Daar word berig dat sy met ’n sak weg is en ’n pienk hemp, blou jeans, stapskoene en ’n vlootblou K-Way-baadjie aangehad het.
    Soek-en-reddingspanne van die polisie en vrywilligers het die Tafelberg-gebied gefynkam in ’n poging om die vermiste dame op te spoor.
    Enigiemand met inligting oor waar sy is, word versoek om die ondersoekbeampte, Jean-Pierre Toua by 079 522 1751 of die Stopmisdaadnommer by 0860 10111 te bel.

     

    SOURCE:Nog geen teken van Amerikaanse vrou wat in Kaapstad verdwyn nie (afrinuus.com)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.