GAUTENG. – Kirsten Kluyts (34), ‘n onderwyseres van Hoërskool Delta Park in Johannesburg, se lewelose liggaam is op 29 Oktober deur ‘n verbyganger aan die kant van ‘n drafpaadjie in die George Lea-park in Parkmore gevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede van die onderwyseres se moord word deur die polisie ondersoek. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Kluyts het die oggend op wat veronderstel is om ‘n veilige sportklub in Sandton te wees, se gronde gaan draf, waarna sy dood gevind is. Medelye stroom in vir die geliefde onderwyseres.
Parkmore Community Association het die volgende plasing gedeel:
We are so deeply saddened to hear about the tragic loss of a beautiful soul in Parkmore. Last weekend, we lost an incredible woman to an unthinkable act of violence.
Our hearts are heavy, and our thoughts are with her family and loved ones during this incredibly difficult time.
In memory of Kirsten Kluyts, may we strive for a world where such senseless acts of violence are eradicated. Let us honour her legacy by promoting kindness, compassion, and love in our own lives.
Hoërskool Delta Park het die afsterwe van die geliefde onderwyseres soos volg aangekondig:
Bronne: SAPD, Hoërskool Delta Park en Parkmore Community Association