Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 11 Mei 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 11 Mei 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #404094
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Nuwe ora-reeks bekendgestel

    Die Orania Sakekamer het in April die nuwe H-reeks oras bekendgestel. Die ora is Orania se eie unieke ruilmiddel wat ekonomiese groei help verwesenlik en veiligheid help verseker.

    Die ora is Orania se eie ruilmiddel wat in ‘n een tot een verhouding met die rand staan. Die orastelsel werk soos ‘n koepon, maar het verskeie voordele vir Orania se ekonomie. Die Orania Sakekamer het in 2004 die besluit geneem om die ora bekend te stel as plaaslike ruilmiddel. Dit was ‘n belangrike stap om te verseker dat monetêre waarde plaaslik sirkuleer en die ekonomie help versterk. Sirkulasie bevorder natuurlik die ekonomie, maar die feit dat die ora deur rande gerugsteun is, wat in belegging lê en ‘n opbrengs verdien is ook belangrik. Die Orania Sakekamer gebruik dit om entrepreneurs te bemagtig.

    Veiligheid is ‘n belangriker oorweging, omdat rowers en misdadigers min sou kon doen met oras wat in Orania gesteel of geroof word.
    Natuurlik is een van die belangrikste redes vir die ora die feit dat dit eie simboliek uitbeeld; ‘n belangrike deel van Orania se unieke identiteit en strewe.
    Die H-reeks is die agtste Ora-reeks wat deur Orania Sakekamer uitgereik word. Dit beteken dat die Ora reeds vir 20 jaar bydra tot Orania se selfstandigheid.
    Verteenwoordigers van die Orania Sakekamer het gesê dat die ontwerp van die H-reeks nuut bedink is, maar belangrike ontwerpsimbole van vorige reekse steeds ingesluit is.
    “Die Orania-ideaal is diep gewortel in ons gereformeerde Christelike geloof en vind gestalte in eie grond, in eie instellings en deur eie arbeid. Binne hierdie vrye ruimte kan ons dienend getrou wees aan die kultuuropdrag van Gen. 1:28 om – as rentmeesters van God – Sy skepping te bewoon, te bewerk en te bewaar.”
    Die geheelbeeld
    Die nuwe ontwerpelemente van die H-reeks put juis inspirasie uit inheemse bome en bokke in ons streek.
    Die Sakekamerspan het deur middel van kunstenares Petra Langer se sketse en Karin Janse van Rensburg se ontwerpe die ontwerperselemente tot geheelbeeld saamgevoeg.
    “Die band op die voorkant van die note begin aan die onderkant met ‘n koeksistervlegsel wat aantoon dat Afrikaners se oorsprong uit verskillende stamlande is, wat in Afrika heg in mekaar vleg tot ‘n enkel band om uiteindelik die Afrikaner, as ‘n volk van Afrika, voor te stel. Vir hierdie volksbestaan bely ons voorwaar: Soli Deo gloria! – aan God alleen die eer!”
    Die Orania Sakekamer skryf verder:
    Die subtiele agtergrond van die note is ‘n uitbeelding van ‘n sirkelblom – van die begin af deel van ons egte volkskunsstyl.
    ‘n Gedeelte van die Klein Reus word op elke noot vertoon. Deur die samevoeging van al die note, word die Klein Reus in geheel sigbaar. Só is Orania ook die resultaat van elkeen wat arbei binne ons vryheidsideaal en bydra tot die groter geheel.
    Die agterkant van elke Ora-noot toon ‘n trossie pekanneute en ‘n mossiepaar. Pekanneute herinner aan die pionierlandbouers wat pekanneute gekies het as eerste volhoubare gewas om op Orania aan te plant en wat nou steeds ‘n noemenswaardige bydrae tot Orania se ekonomie lewer. Van vroeg af pryk mossies op Suid-Afrikaanse geld en bring ‘n Bybelse boodskap van beskerming en hoop. Sedert Bybelse tye, regdeur Bethulie se konsentrasiekamp, vir Suid-Afrikaanse soldate in tye van oorlog en steeds tans vir ons, herinner die nietige mossie dat ons Skepper die lotgevalle van mense en volke in sy hand hou. In Hóm is waarde, Hý beskerm (Matt. 10:29,31).

    Foto: Geheelbeeld van die H-reeks ora’s

    343413203 712973857272368 4407998278481031875 n
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Gayton Mckenzie besoek Orania

    “Die mense in Orania werk baie hard. Elke burgemeester van elke dorp moet Orania besoek om te sien hoe dit lyk wanneer mense doelbewus werk om sukses te behaal.”

    So sê Gayton McKenzie, leier van die Patriotic Alliance (PA), wat Vrydag ’n besoek aan Orania in die Noord-Kaap gebring het om self te sien hoe dié Afrikanerdorp se dorpsbestuursmodel werk en waarom die inwoners selfbeskikking beoefen.
    Orania ontvang gereeld besoekers. Baie van hierdie besoeke word deur die Orania Beweging gefasiliteer. Dit beteken dat elke Orania Beweginglid wat bydra tot hierdie organisasie, direk bydra tot die verduideliking, bemarking en uitbouing van die Orania-idee. Rolspelers soos die Orania Dorpsraad, die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Verteenwoordigende Raad en ander, is deurlopend betrokke en help om besoekers te ontvang en Orania se saak te stel.
    Gayton McKenzie se besoek is nie die eerste van sy soort nie; verskeie presidente, lede van politieke partye, internasionale belangstellendes, media en ander het Orania al kom bekyk.

    McKenzie het ‘n interessante hoek op sy besoek geneem en bykans die hele besoek en gesprekke regstreeks aan sy ondersteuners uitgesaai.
    Dit het wyd aandag in die media getrek en van die berigte kan hieronder gelees word. McKenzie het op verskeie TV-programme en podsendings verskyn. Daar kan hier daarna gekyk word.

    Screenshot 2023-05-11 151138

    Foto: Gawie Snyman, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad, en Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, in gesprek met McKenzie.

    WhatsApp Image 2023-05-08 at 15.40.33
    Untitled
    Divider

    Media: Orania weer in die kollig

    ‘n Woordvoerder van die Orania Beweging het onlangs gemeld dat Orania weer een van die grootste stormlope van internasionale media gehad het. Joernaliste van regoor die wêreld het Orania besoek en talle ander het telefonies, of per e-pos navrae gedoen oor Orania, terwyl sommige stories en berigte publiseer het sonder om enige direkte kontak te maak.

    Soms ervaar Orania media-stormlope wat ‘n verskeidenheid van media-verteenwoordigers in ‘n baie kort tyd behels. Oor die afgelope vier weke het Orania weer só ‘n toeloop beleef.

    Britse span van kanaal vier
    Die Britse Televisiekanaal ‘Channel Four’ het Orania wel deeglik besoek. Die span het vooraf twee verkenningsbesoeke van ‘n week elk gebring en toe ‘n TV-span van sewe manne vir tien dae na Orania gestuur om ‘n uurlange dokumentêr te vervaardig. Die aanbieder was die voormalige Paralimpiese basketbalspeler Ade Adepitan. Die program sal van gemeenskapslewe en politiek, tot sosiaal en eiendomsverkope in Orania dek. Soos dit dikwels met hoofstroommedia gebeur het die Britte Oraniërs probeer beproef en daar is soms goed koppe gestamp.

    Foto: Britse Kanaal vier neem skoolkinders in Orania af.

    WhatsApp Image 2023-05-11 at 16.43.16

    Sweedse onafhanklike media
    ‘n Bekende naam wat betref verslaggewing oor plaasmoorde in Swede, is Jonas Nilson. Nilson het Orania al heelpartykeer besoek en het die afgelope maand weer twee besoeke gebring. Sy eerste besoek het bestaan uit ‘n navorsingstoer met ‘n span belangstellende Swede en die tweede besoek was gefokus op die vervaardiging van video- en foto-materiaal oor Orania wat hy gedeeltelik aan TV-stasies sal verkoop en gedeeltelik self sal publiseer. Sommige van Nilson se materiaal is gratis toeganklik en lesers word aangemoedig om hom op internet op te soek.

    Deense Koerant
    Anne Kidmose is ‘n joernalis van die Deense Koerant Weekendavisen. Sy het Orania besoek om ‘n indiepte storie te skryf oor die gemeenskap, terwyl al die gewone kritiese vrae deel van haar onderhoude uitgemaak het, het Orania se eie arbeidsbeleid beslis ook aandag getrek. Ons sien uit om te lees wat in die finale produk staan.

    Le Figaro: Franse koerant
    Twee joernaliste van die Franse koerant Le Figaro het Orania vir net minder as ‘n week besoek, en ‘n redelike omvattende stuk geskryf. Ons sien uit daarna om die resultate te sien!

    Foto: Le Figaro by ‘n Taksidermis in Orania.

    WhatsApp Image 2023-05-11 at 16.44.08

    ‘Swart separatiste’ vanuit die VSA
    ‘n Verteenwoordiger van die Orania Beweging het een oggend byna toevallig in ‘n groep persone, duidelik besoekers, vasgeloop en die inisiatief geneem om hulle storie te probeer uitvind. Die span, wat ‘n toer by die Orania Beweging bespreek het, maar nie gemeld het dat hulle onafhanklike verslaggewers (YouTubers) is nie, het hulle toerafspraak gemis, maar was op soek na ‘n verteenwoordiger om mee te praat.
    Die span het hulleself bekendgestel as “swart-seperatiste” vanuit die VSA wat op soek is na “onafhanklikheid vir Afro-Amerikaners”.
    Die Orania Beweging hanteer gewoonlik hierdie tipe situasies en ‘n verteenwoordiger kon die span ontvang en die Orania-plan verduidelik vanuit die konteks van Afrikanervryheid en die strewe.
    Die video is hier te kyke:

    Morning Shot
    Nog twee onafhanklike ‘vloggers’ Roman en Byron het “24-uur in die sleg blanke (sic) dorp spandeer” en ‘n video daaroor gepubliseer. Dié twee was positief oor Orania se vordering en hulle video het bepaald goed presteer na gelang van die hoeveelheid kyke.
    Kyk na die video:

    Per-Anders Peterson
    Per-Anders is ‘n wêreldbekende fotograaf wat Orania 20-jaar gelede nege keer agtermekaar besoek het en nou teruggekeer het vir ‘n opvolg. Per is in die strengste sin van die woord nie ‘n joernalis nie, maar ‘n fotograaf, gegewe hy nie self skryf nie, maar slegs foto’s neem.
    Per se foto’s word aan Anne Kidmose verskaf vir haar berig, maar hy het ook ‘n week in Orania deurgebring om ‘n omvattende foto-portefeulje saam te stel.

    PowerFM onderhoud oor Orania se status
    Ten spyte van al hierdie besoeke, was daar natuurlik ook heelwat navrae van mediahuise, heen en weer e-posse en ook onderhoude.
    PowerFM se Denzil Taylor het ook met Joost Strydom van die Orania Beweging ‘n uurlange radio-onderhoud oor Orania se geskiedenis, status, toekomsplanne en meer gedoen.
    Daar kan hier daarna geluister word.

    Ten spyte van al hierdie plaaslike en internasionale media, onderhoude en gesprekke, het Orania in hierdie tyd ook besoeke vanoor die wêreld gekry. Sommige net belangstellendes, sommige politieke aktiviste wat belangstel in die Orania-model en sommige regeringsamptenare.
    Dit sluit twee Amerikaanse regeringsamptenare, twee Italianers, twee Iere, die bekende mynmagnaat Rob Hersov, PA-leier Gayton McKenzie, twee Kanadese en ‘n Sweedse vrywilliger in.
    En dan is daar mense wat Orania ‘n “geïsoleerde gemeenskap” noem!

    Onthou dat al hierdie skakelwerk deur ‘n baie klein span by die Orania Beweging behartig word. Indien jy Orania wil help om te skakel, en die gemeenskap in die media wil help verdedig, sluit gerus aan by die Orania Beweging as lid , of oorweeg om ‘n eenmalige donasie te maak!
    Skakels

    Divider
    Orania Rek
    Divider

    2023 se 0/23 Bokkietoernooi sorg vir groot opwinding

    Die jaarlikse O/23 Bokkietoernooi het weer rugby en netbal van ‘n besonderse standaard gelewer. Volgens ds. Peter Stans, die uitvoerende hoof van Afrikaner Volkseie Sport (AVS) is dit duidelik dat deelnemende spanne nie net daarin slaag om top spelers te trek nie, maar dat hulle ook goed voorbereid by die toernooi opdaag. Die gevolg is dat spanne baie meer kompeterend is wat dan puik rugby en netbal oplewer. By hom bestaan daar geen twyfel nie dat die Bokkietoernooi tot een van die prestige sportgeleenthede in Suid-Afrika gegroei het.
    Wat die netbal betref het nege spanne aan die toernooi deelgeneem. Beide Bo-Karoo Opleiding en Orania se netbalspanne het goed rekenskap van hulleself gegee, maar dit was Noord-Transvaal wat met die louere weggestap het. Op die rugbyveld was die kompetisie geweldig straf met verskeie spanne wat na die uitspeelwedstryde kon deurdring. Aan die einde van die toernooi was dit Vrystaat wat koning gekraai het deur Orania met 19 -7 in die finaal te klop.
    Die toernooi wat vir ‘n sesde keer op Orania aangebied is, het nie net aan spelers die geleentheid gebied om op die sportveld teen mekaar te kompeteer nie, maar ook om Orania beter te leer ken. Die jongmense het veral die cantus wat Saterdagaand plaasgevind het, terdeë geniet. Dit bly ‘n belewenis om te hoor hoe bykans 250 jong Afrikaners vaderlandsliedere uit volle bors saamsing.

    Ons spreek ook ons dank uit teenoor AfriForum wat weer as hoofborg vir die toernooi opgetree het en die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) wat verantwoordelikheid vir die aanbied van die toernooi geneem het.

    343726794 635535915105084 990829899464103527 n
    345624333 1414682805949958 8152158124098500797 n
    344016249 937238724360260 1151180134570577711 n

    Foto’s: (Van bo na onder) Die Bo-Karoo Opleiding Netbalspan, ‘n Speler van die Orania-span klop ‘n verdediger, die BKO Rugbyspan in aksie.

    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Uitnodiging Jeugberaad
    Divider

    100 de kilometers se sweet en swaarkry: Bo-Karoo Vasbyt in Orania

    Die Bo-Karoo Vasbyt word jaarliks in Orania aangebied. Hierdie Wedloop/Wedren bestaan uit 100 km se hardloop of 250 km se fietsry, metkorter afstande in al twee afdelings ook beskikbaar. .
    ‘n Wegbreek na Orania is vir sommige rustige dae langs die Oranjerivier, ontspan by die plaaslike spa, restaurante en bierbrouerye. Vir ander egter, is die lekkerste vakansies in Orania vier dae se vasbyt! Atlete het vanjaar, met fiets of hardlooptekkies in die hand, opgedaag om deel te neem aan die Vasbyt waarvan die program op 25 April begin het. Die roetes het deelnemers om spilpunte, oor brûe, deur sand- en klippaaie en selfs deur waterstrome geneem!
    Deelnemers wat ‘n rustiger week wou hê, kon korter afstande kies (116km Ligtrap of 55km Ligloop), en sodoende nog ‘n bietjie van Orania ervaar sonder bene wat té styf en voete wat té seer geword het. Vanjaar het 130 atlete deelgeneem en beide die B

    Foto’s: ‘n Hardloper steek ‘n stroom langs ‘n damwal oor.

    WhatsApp Image 2023-04-26 at 12.45.15
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Sakekamer maak bekend: Ondernemers van die jaar

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.