Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 4 Oktober

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 4 Oktober

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #930
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania Karnaval: Gryp die toekoms!

    Die Orania Karnaval wat jaarliks deur die Orania Dorpsraad hanteer word, is vanjaar vir die tiende maal suksesvol aangebied! Die Karnaval is die nakomeling van vroeër jare se “Orania-skou”. Dit sluit vertonings, optredes, ‘n weeklange feesprogram, en ‘n twee dae van stalletjies en aktiwiteite in.

    Vanjaar se Karnaval het die tema ‘Gryp die toekoms’ gehad. Die weeklange Karnavalprogram is deur die voorsitter van die Dorpsraaddireksie geopen by die “Plaasbraai” (sien berig hieronder) op 24 September, en is afgesluit op die eerste Oktober. Vanselfsprekend is die Sondag Orania se Rusdag, en geen Karnaval-aktiwiteit is aangebied nie, maar van Maandag af het die program volstoom afgeskop. Toneelstukke, die bekende, en immergewilde, Kaalvoetkonsert en die Neon-Nagdraf (wat ook al ‘n jaarlikse instelling geword het) het die program van Maandag tot Donderdag volgemaak.
    Vroegoggend Vrydag het die stalletjies op Orania se sportgronde geopen, en verskeie aktiwiteite, vertonings en hope pret het, onder die wakende oog van Karnvalmeester(es) Anita Schutte en haar vaardige span, aanvang geneem. Die jaarlikse vlotoptog Vrydagmiddag is goed deur beide deelnemers en baie toeskouers langs die roete bygewoon.

    Deelnemers het die jaartema op uiters kreatiewe wyse uitgebeeld, en van studente tot groot Orania-maatskappye het baie moeite gedoen met hulle vlotte. Die wenner was die Oraans-groep & Orania OK, geluk ook aan hulle!
    Ivan Roux en Andriette het onderskeidelik Vrydag- en Saterdagaand die verhoog oorgeneem en vir Oraniërs gesing, terwyl ‘n skouspelagtige laservertoning die mense ook vermaak het.
    Deur die feesdae is daar alles van boukompetisies (waar vakmanne kragte gemeet het om ‘n muur die vinnigste en netjieste te bou), koeksistereetkompetisies, en strooibaalpak-uitdagings, tot toutrek, Volkspele-vertonings, ‘n reeks lyndanse, demonstrasies deur Orania Veiligheidsdienste en vele vele meer!
    Die Karnaval het ‘n goeie opkoms en deelname gehad, en ons sien reeds uit na die 2023 Karnval. Dankie ook aan die Orania Dorpsraad vir die aanbieding op hoë standaard.

    WhatsApp Image 2022-09-29 at 07.34.03

    Foto bo: Deelnemers spring weg met die Neonnagdraf!
    Foto’s onder:Vlotte en stappers in die Karnavaloptog.

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.44.00 1
    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.43.59 1
    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.43.59
    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.44.01
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Suksesvolle waterredding deur Orania-span: Reddingsboot deur Klarissa-fonds gekoop

    Orania Veiligheidsdienste: “Watervleuel” is ʼn eenheid wat na afloop van die tragiese verdrinking van Klarissa Joubert in Januarie 2021 op die been gebring is. Die afgelope naweek het die verskillende lede van hierdie vrywillige operasionele groep ʼn suksesvolle waterreddingsoperasie uitgevoer.

    Klarissa Joubert se tragiese en wyd gepubliseerde verdrinking, het Orania Veiligheidsdienste (OVD) gelei tot die besluit om ʼn gespesialiseerde waterreddingspan op die been te bring. Orania Veiligheidsdienste is ʼn volfiliaal van Orania Dorpsraad en steun sterk op die toewyding en deelname van vrywilligers.
    Behalwe vir twee voltydse veiligheidsbeamptes wat op hierdie vrywillige groep dien, is al die lede vrywilligers wat eie tyd en hulpbronne aan die poging wy. Die boot en alle toerusting is befonds deur die ‘Klarissa Joubert-noodfonds’ wat na afloop van haar dood op die been gebring is.
    Terwyl Oraniërs op Saterdag 1 Oktober in ʼn vrolike Karnaval-luim was, het die beheerkamer ʼn noodoproep ontvang. Die oproep wat die beheerkamer om 16:25 bereik het, het die onheilspellende nuus gehad: “Man met Jetski oor die keerwal. Ons kon net die Jetski verder sien spoel, maar nie die man nie”.

    Etienne de Lange en Theuns Wessels van Orania Veiligheidsdienste het die skipper, boot, paramedikus en lede van die groep geaktiveer en in rekordtyd die toerusting by Sandbaai in Orania gehad, gereed vir ontplooiing. Volgens die operasionele tydlyn is die boot teen 16:45 te water gelaat.

    Terwyl dit gebeur het, het twee vissermanne stroomop die persoon wat in die ongeluk was aan die omgekeerde Jetski sien klou. “Ons kon eers nie sien wat die voorwerp was nie, en moes ‘n verkyker uitkry. Toe ons besef dit is ‘n man wat aan die omgedopte Jetski klou het ek so vinnig ek kon met my bootjie na hom geroei, my arms het naderhand gebrand maar ek wou nie sien dat nog ‘n Oraniër verdrink nie!” Vertel Marco Lyons, een van die vissermanne. Die pasiënt was op daardie stadium reeds ernstig beseer en hy was nie by sy volle bewussyn nie. Marco en Dean Von Waldzleben het die pasiënt in sy beseerde toestand na die wal gehelp en hom by sy bewussyn gehou. Hulle oplettendheid en vinnige optrede het ʼn reuserol in die reddingspoging gespeel.

    Vandaar het die OVD-watervleuelspan hom medies behandel en met ʼn spinale bord vervoer tot by ʼn toeganklike area waar ʼn ambulans hom na Orania se mediese sentrum kon haas, waar hy kon aansterk.
    Orania is ʼn gemeenskap waar Oraniërs vrywillig hulle tyd en diens tot die gemeenskap bydra.
    Die span onderneem binnekort verdere opleiding wat gevorderde touwerk en waterreddingsprosedures insluit. Twee lede gaan ook ʼn internasionaal-erkende mediese traumakursus in Oktober aflê om die paramedikus beter te kan ondersteun.
    Die span het ons Hemelse Vader gedank vir die sukses van die redding.

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.14.43

    Foto: Die Paramedikus stabiliseer die pasiënt

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.14.42

    Foto: Die pasiënt word afgevoer na OVD se ambulans.

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.14.46
    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.14.45

    Foto’s bo: Tydends die reddingsoperasie
    Foto’s onder: Marco Lyons (regs) en Dean Von Waldzleben die twee vissermanne wat die pasiënt uit die water gered het

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 11.32.29
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    ORANIA SE EIE BANK: HOE HET OSK DIE BESTE KOÖPERATIEWE BANK IN SUID-AFRIKA GEWORD?

    Orania Spaar- en Krediet (OSK) is Orania se eie bank, deur Oraniërs, vir Oraniërs.

    OSK het vanjaar sy 20ste bestaansjaar gevier, en meer onlangs fantastiese nuwe groeisyfers bekendgemaak! OSK het vroeër die prys van ‘Best performing cooperative bank in South-Africa’ gewen. Daarmee saam is dit tans ook die grootste koöperatiewe bank in die land. Hieronder word OSK se sukses, veiligheidsmeganismes en kreatiewe planne verduidelik.

    Orania Spaar en Krediet, neem die vorm van ‘n koöperatiewe bank aan. Dit beteken dat die bank lede het, wat deel in die sukses van die bank (waarin hulle help bou en groei). Dit beteken Orania se hele bankstelsel is gebou op ‘n vorm van ‘lokalisme’. Oraniërs trek rentekoers- en kostevoordeel uit ons eie bank, eerder as dat iemand vêr van Orania af sit- sonder enige belang hier, en ryk word uit inwoners se finansiering, bankkoste en meer. Die OSK-direksie bestaan ook uit Oraniërs, oud en jonk.

    Thumb
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Oud-Orania skolier draf uit teen Nieu Seeland ‘Baby-Blacks’

    Orania-kinders se geleenthede om as kompeterende sportmanne of -vroue te ontwikkel, neem konstant toe. Orania het al verskeie baie kompeterende, en welpresterende sportlui opgelewer.

    Een van CVO Skool Orania se 2021 Matrieks, Wiehan Nel, het die ongelooflike voorreg gehad om teen die All Blacks se o. 19 rugbyspan uit te draf. Wiehan het sy rugbystewels op linkervleuel volgestaan vir die Luiperds o. 19 span wat op Donderdag 29 September teen die ‘Baby Blacks’ kragte gemeet het. Die Luiperds het hierdie klipharde wedstryd met 31 punte teenoor die Baby Blacks se 42 verloor. Die Baby Blacks het vroeër met die WP 86-0 afgereken en die Haaie met 54-13 geklop.
    CVO Skool Orania het op hulle Facebookblad hulle trots oor Wiehan se prestasie uitgespreek, “nie baie spelers kry so ʼn geleentheid nie”, het hulle geskryf.
    Wiehan is ʼn eerstejaarstudent aan die NWU se Potchefstroomkampus.

    310282880 478416320967517 3711183838371919171 n

    Foto bo: Wiehan in aksie teen van die Baby Blacks
    Foto onder: Wiehan en ander Luiperdspelers kyk toe terwyl die Baby Blacks die Haka uitvoer.

    309014742 478417230967426 8762285799698587163 n
    309059476 478416770967472 4073185047634766747 n

    Foto: Wiehan (middel) saam met sy ouers, suster en ouer broer WJ (wat ook in ‘n ander berig hieronder vermeld word)

    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Orania-meisie draf uit vir NWU 7’s vrouerugby eerstespan

    Dit is nie net die manne wat skitter op die sportveld nie! ʼn Orania-meisie het haar plek in die NWU-vrouerugbyspan verdien, en uitstekend gevaar in ʼn onlangse toernooi.
    Marie-Louise de Nysschen wat in 2019 in Orania gematrikuleer het, en ʼn derdejaarstudent aan die NWU-Potchefstroom kampus is, is gekies vir dié universiteit se 7’s eerstespan (dames) en het onlangs uitgedraf by ʼn USSA’s (University Sport South Africa) toernooi. Die toernooi het van 23-25 September by Kimberley se Sol-Plaatjie Universiteit plaasgevind. Daar het 22 mans- en 20 damesspanne van universiteite regoor Suid-Afrika het deelgeneem, asook ʼn span uit Botswana.
    Die NWU-damesspan het, omdat dit hulle eerste jaar is, in die B-liga deelgeneem. Nadat hulle egter op die eerste dag al hulle opponente kafgedraf het, het hulle die tweede dag teen die A-liga se spanne gespeel. Daar het hulle ook alle wedstryde gewen!
    Marie-Louise wat as losskakel uitgedraf het, vertel dat hulle slegs twee drieë afgestaan het, en die hoogste totale punte-aantekenaars vir die toernooi was. Sy het ook as skopper opgetree waar sy baie suksesvol was.
    Marie-Louise vertel dat die ander spanne se spelers heelwat groter as hulle was, en hulle suksesstrategie dus in goeie balverspreiding gelê het. Ten spyte daarvan het hierdie span egter baie komplimente gekry vir puik duikwerk!
    WJ Nel, (Ouer broer van Wiehan Nel in die ander storie genoem) ook ʼn Oraniër, het vir die mansspan uitgedraf en uitstekend gevaar. WJ se span is ook die algehele toernooiwenners.
    Baie geluk aan hierdie twee presterende Oraniërs!

    WhatsApp Image 2022-10-03 at 19.39.50

    Foto bo: Marie-Louise lê aan vir ‘n skepskop
    Foto onderMarie-Louise saam met haar ouers

    WhatsApp Image 2022-10-03 at 19.39.49
    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Orania-vlaggie wapper op Kilomanjaro

    Gino Bentivoglio, voorsitter van die Suid-Tiroolse vriende van die Afrikaner, wapper die Orania vlag 5895m hoog op Kilimanjaro se Uhuru-piek!
    Suid-Tirool is ‘n (primêr) Duitse-gemeenskap in Italië. Hulle is deur ‘n lang onafhanklikheidstryd en het tans ongeveer 90% onafhanklikheid.
    Die Südtiroler Freundeskreis der Afrikaaner is die vriendegroep van die Afrikaner in Suid-Tirool, en steun Orania aktief sedert hulle ontstaan in 2010.
    Vir meer Inligting oor die gemeenskap en hulle verhouding met Orania, kyk gerus die video in kommentaar-afdeling.
    Baie geluk Gino!

    Foto: Gino op Uhuru-piek.

    307979663 458630039624251 454158856110974245 n
    Divider
    Boksomdaais Volblad

    Orania in Beweging

    Orania in Beweging is ‘n nuwe lekker-kyk reeks oor Orania. Dit sal bestaan uit tien episodes se ligte vermaak, wat verskillende aspekte van lewe in Orania uitwys. Persone of instellings wat in hierdie reeks wil adverteer kan met James Kemp skakel by james@karoo.media
    Daar is slegs beperkte advertensieplek.

    WhatsApp Image 2022-10-04 at 08.30.48
    Divider

    Gemeenskapswembad oop vir die seisoen

    Orania spog graag daarmee dat ons openbare instellings in skerp teenstelling met baie ander munisipaliteite, baie netjies onderhou word. Die Dorpswembad is geen uitsondering nie!

    Orania se munisipale swembad is ʼn driekwart Olimpiese-grootte swembad wat ʼn reusetrekpleister vir inwoners en besoekers is. Die Orania Dorpsraad onderhou die swembad, op ʼn standaard wat baie ander munisipaliteite (die wat nog bestaan!), sou laat skaamkry.
    Die swembad het einde September weer vir die publiek geopen nadat dit vir die wintermaande gesluit was. Die Dorpsraad het met navorsing ʼn metode bepaal wat die mees koste- en watereffektiewe wyse is om die swembad te oorwinter. Water word tydens die winter in die swembad gehou, maar nie behandel nie. Kort voor openingstyd word alles uitgetap en die hele swembad van hoek tot kant reggemaak, skoongemaak en opgeknap, waarna nuwe water ingetap word.
    Die swembadterrein is ingerig met ʼn groot grasperk, afdakke, ʼn snoepie, kinderswembad, en ʼn speelterrein met trampolien, speelparkie en meer.

    Tuis – Orania Beweging

    +27 53 207 0062 inligting@orania.co.za 

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.