Loving Life TV

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #406542
    Nat Quinn
    Keymaster
    Lukas van Biljon (Oud Springbok Haker) en sy Pa Andre van Biljon is Vrydag in vroee oggendure deur 7 gewapende rowers aangeval op Lukas se plaas net buite Oranjeville.
    Lukas se seuns was by hom toe voorval gebeur het.
    Rowers het gedreig om sy kinders dood te maak as hy hulle nie geld gee nie. Barbaars om die minste te se. Kan jy jou dit indink.
    Lukas is verskeie kere gesteek en gesny en sy Pa Andre is drie keer in bors geskiet en le kritiek in die hospitaal. Gaan regtig sleg.
    Dit is nie hoe ons veronderstel is om te leef nie. Vrees elke dag met die wete enige iets kan om elke hoek gebeur.
    Bid asb vir die Van Biljon Familie. Martin van Biljon ons bid vir jou ook. Weet jy en jou Broer Andre is baie geheg.
    Lukie byt vas my Vriend.Prys die Here jou kinders is nie seergemaak nie.
    Hierdie sinnelose kriminele in ons land verdien die doodstraf.
    Wees versigtig. Dit word verseker nie beter nie.
    Pas julle mense met alles op. Wees wakker. Mens dink nooit hierdie kan met jou gebeur nie.
    Here gryp asb in.

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.