Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Verdagte na vermiste man se moord gearresteer Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #464634
    Nat Quinn
    Keymaster

    NOORD-KAAP. – ‘n Man (25) wat die middag van 14 Maart in Wrenchville vermis geraak het, se liggaam is op 19 Maart in Kuruman gevind. ‘n Verdagte is intussen gearresteer.

    Kol. Cherelle Ehlers sê na bewering het die oorledene die oggend van sy verdwyning ‘n skoolseun (16) van sy selfoon beroof en is met geweld in ‘n voertuig wat skoliere vervoer, ingedwing. Die man se familie het hom as vermis aangemeld, waarna ‘n ondersoek geloods is met die polisie wat inligting opgevolg het. Die liggaam van die vermiste is na vyf dae in Kuruman gevind.

    Ehlers bevestig ‘n verdagte (33) is gearresteer. Die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting kan speur.sers. Donovan Loselo by 083 588 8803 bel.

     

    bron:Verdagte na vermiste man se moord gearresteer – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.