Loving Life TV

Vermiste vrou van Kameeldrift dood gevind

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Vermiste vrou van Kameeldrift dood gevind

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #394929
    Nat Quinn
    Keymaster
    Jann Prinsloo, haar man, het so pas die slegte tyding met FiND iT gedeel.
    FiND iT het vroeër vandag berig dat sy gisteroggend soek geraak het nadat sy in haar voertuig, ‘n wit Toyata Prado, van Kameeldrift-omgewing gery het.
    Die voertuig is later, met geen teken van haar nie, op die Molotopad naby die Roodeplaat-polisie se honde-eenheid opgespoor waar dit parkeer was.
    ‘n Soektog is sedert vroeg vanoggend vanaf die polisie-hondeskool van stapel gestuur. Van haar persoonlike besittings is in die vroeë oggendure langs die Pienaarsrivier gekry. Dit was onder meer haar klere, selfoon en die voertuig se sleutels.
    Jann Prinsloo sê alhoewel dit nie goeie nuus vir hom en hulle drie kinders is nie, is hy net bly dat hulle haar kon kry.
    Foto: Jann en Landi Prinsloo.
    Kameeldrift-polisiestasie 02/02/2023 verwys.

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.