Home › Forums › NATS NIBBLES › Verpletter, maar ‘meer voorbereid’ na geliefde arbeidsterapeut-vrou sterf Geskryf Deur Wanda Olivier
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2025-02-25 at 14:27 #462851
Nat Quinn
KeymasterVerpletter, maar ‘meer voorbereid’ na geliefde arbeidsterapeut-vrou sterf
- Deur Wanda Olivier
- |
Foto’s: Len Fourie NOORD-KAAP. – Elmanda Fourie, ‘n geliefde arbeidsterapeut van Oudtshoorn, wat onverwags op die oggend van 20 Februarie gesterf het, se lewensviering vind op 28 Februarie plaas. Mense wat die diens wil bywoon, word gevra om rooi aan te trek. Len het op ‘n rooi rok vir Elmanda vir haar lewensviering besluit, die rok wat sy die laaste keer kerk toe aangehad het.
Len Fourie het op die 20ste Februarie in ‘n sosialemediaplasing gesê hy het die oggend sy alles verloor. Die plasing is op Facebook gemaak omdat dit vir hom makliker was om só almal se vrae te beantwoord. Elmanda het op 23 Desember 2024 op trappe by die Kaaimansrivier geval en het ten tyde van haar dood steeds ‘n moonboot gedra.
Len beskryf sy het omstreeks 03:45 die nag die badkamer gebruik en op een been bed toe teruggespring. Sy het gaan lê, na hom gedraai, asemnood ervaar, styfgetrek, vreemde geluide gemaak en toe was daar niks. Len het alles in sy vermoë gedoen om sy vrou by te bring. Hy het daarna ‘n vriend gebel wat gehelp het om Elmanda tot by ‘n motor te dra, waarna met haar na ‘n hospitaal gehaas is. By die hospitaal het ‘n dokter vir ‘n halfuur probeer om Elmanda by te bring, maar sy is dood verklaar.
“Op daardie hospitaalvloer het ek die Here gesmeek met alles wat ek het. Ek weet nie hoeveel keer hulle haar geskok het nie, maar niks wou werk nie en die masjiene het aanhoudend dieselfde boodskap gegee…resus again, resus again.”
Len sê sy geliefde Elmanda het ‘n massiewe bloedklont deur die longe gehad. Volgens die dokter was sy moontlik reeds by hulle huis oorlede.
“Dalk iets wat oorgebly het van haar val Desember, dalk het die Lupus, die ongeluk, die wond wat nie wou herstel nie, die medikasie……..ons sal nooit weet nie. Die liefde van my lewe het vanoggend voor my oë gesterf, die Here het haar huis toe gevat en nou is sy sonder pyn, sonder gesukkel, sonder enige probleme.”
In wat Len as God se voorbereidingstyd beskryf, vertel hy Elmanda het tydens die val haar tibia, sowel as haar fibula sleg gebreek. Hy beskryf dit as een van die mees traumatiese oomblikke van hul lewens, maar sê ook dit was voorbereiding vir wat onderweg was. Len sê dit voel of sy hart uitgeruk en iewers op ‘n ashoop lê en wag, maar sien die hand van die Here in die paar maande wat verstryk het.
“Die realiteit is egter dat daardie oggend van die 23 Desember 2024 het Hy haar lewe gespaar, sy kon net sowel daardie oggend al haar nek gebreek het met die val, maar Hy het 2 maande vir ons gegun om reg te maak vir wat sou volg op 20 Februarie 2025. Alles van Kaaimansrivier was ‘n kleedrepetisie, selfde hoofrolspelers, maar met ander omstandighede en dekor.”
Len sê tydens die val het Elmanda hom gelei hoe om vir haar mediese hulp te kry, maar die oggend van die 20ste het hy nog ‘n persoon nodig gehad. Hy kon egter reageer soos wat sy vir hom geleer het, hoe om prakties op te tree. In die twee maande sedert die val kon sy niks vir haarself doen nie en Len het die meeste van die versorging in die verhouding oorgeneem.
Len en Elmanda was 30 jaar getroud en hy sê hy soek haar glimlag orals. Hy het ‘n laaste foto van die 17de Februarie gedeel en gesê hulle sou later in die week langer sit en koffie drink, iets wat hulle nie beskore was nie.
Bruno, die egpaar se hond, rou ook oor sy ma wat nie terugkom nie.
Riana Stander het op een van Len se hartverskeurende plasings gesê: “Len, ek het in my lewe nog nooit ‘n man gesien wat so lief is vir sy vrou nie!! Ons het dadelik besluit om elke dag meer foto’s te neem en meer video’s te maak sodat ons ook sulke ongelooflike memories kan bou!! Ek salueer jou, hou vas aan julle mooi lewe saam! Tyd genees, dit weet ek uit ondervinding, maar die gemis sal altyd daar wees! Gee jouself genoeg tyd om te treur, gaan deur die 5 stappe van rou en praat met iemand as dinge vir jou te veel raak. Hou vas aan God! Daar waar jou spore wegraak in die sand, dis dan wat die Here jou sal dra en styf teen Sy bors sal druk. Ek bid vir jou.”
BRON:Verpletter, maar ‘meer voorbereid’ na geliefde arbeidsterapeut-vrou sterf – Nuusflits
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.