Loving Life TV

Willem Kruger se nadoodse ondersoek-uitslae bekend

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Willem Kruger se nadoodse ondersoek-uitslae bekend

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #392843
    Nat Quinn
    Keymaster
    Voorlopige verslae oor die dood van Willem Kruger, ’n 29-jarige boer van Grobersdal in Limpopo, wat in November 2022 verdwyn het, het aan die lig gebring dat hy moontlik verdrink het.
    “Die lykskouingsverslag het teruggekom as “moontlik verdrinking”,” het provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, bevestig.
    “Ons sal egter vir die finale gedetailleerde resultate (die toksikologieverslag) wag, wat ’n rukkie kan neem,” het Mohala bygevoeg.
    Volgens Mohala is dit nog net ’n geregtelike doodsondersoek na Kruger se dood en geen moordondersoek word ondersoek nie.
    Volgens Mohlala sal geen verklaring uitgereik word nie, maar Mpumalanga se speurtak stel ondersoek in.
    “Die ondersoek duur intussen voort.”
    Foto: Skermgreep uit gesprek met die SAPD,
    Sakkie Lourens van die Bosveld Ondersoekeenheid het aanvanklik gesê dat daar geen gemene spel vermoed word die nie.
    ’n Facebookgroep #GeregtigheidVirWillem poog om antwoorde te kry oor wat gebeur het die op die noodlottige aand waar Kruger moontlik beheer oor sy voertuig verloor het en in die Vaalrivier beland het.
    Brigadier Mohala sê dit is steeds onduidelik hoe polisieduikders in die eerste plek die bakkie kon mis toe hulle die area waar die bakkie gevind het met die eerste keer besoek, aangesien dit meer as 100 meter ver was. Die bakkie is eers 9 dae na die ongeluk gevind, nadat die polisie ander leidrade opggevolg het.
    Talle besiegelings is die afgelope tyd op sosiale media gemaak.
    Die spesialisondersoeker Mike Bolhuis het AfriNUUS ’n lang boodskap gestuur, waarin hy mense aanmoedig om nie “fopnuus” op sosiale media te versprei nie, aangesien dit die uitkomste van die ondersoek kan belemmer.
    Bolhuis was ook in die spesifieke ondersoek betrokke.
    AfriNUUS sal nie enige bespiegelings hierop deel, totdat bewyse aan ons gelewer word nie.
    Meer inligting sal bygewerk word.

     

    Die uitslae van Willem Kruger (29) wie se liggaam verlede jaar in sy bakkie in die Vaalrivier gevind is, se nadoodse ondersoek is bekend.
    Die beweringe rondom Kruger wat begin November 2022 vermis geraak het nadat hy ‘n ramparty op Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon het, wou maar nie end kry nie.
    Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het sopas aan FiND iT bevestig dat die uitslae toon die oorsaak van Kruger se dood was “moontlike verdrinking”.
    Brig. Mohlala sê ook dat die polisie later ‘n verklaring sal uitreik wanneer meer inligting beskikbaar is.
    Die ondersoek duur voort.
    Brigadier Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, se amptelike antwoord op navraag:
    Good day.
    No statement will be issued. The autopsy results came back with “Possible drowning”. We will however await the final detailed results which might take a while. In the meantime, investigation continues.
    Thanks.

     

     

     

    Willem Kruger se nadoodse ondersoek-uitslae bekend (find-it.co.za)

    PAS BEKEND | Voorlopige lykskouingsverslag dui daarop dat Willem Kruger wel “moontlik verdrink het” (afrinuus.com)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.