Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 27 Februarie 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 27 Februarie 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #395263
    Nat Quinn
    Keymaster

    OB---Email-Newsletter-Masthead

    OB---Email-Newsletter-Masthead

    NUWE REEKS: Orania IN Beweging

    Die Orania Beweging stel bekend: Orania IN Beweging!
    Orania IN Beweging is die Orania Beweging se nuwe tienepisode reeks op ‘n ligte trant. Dit is ‘n projek om Orania-ondersteuners aan die daaglikse handel en wandel van Oraniërs bloot te stel. Dit wys nie swaar politieke temas of debatte nie, dit gee net ‘n lekker-kyk oorsig oor die daaglikse lewe in Orania.
    Orania IN Beweging word moontlik gemaak in samewerking met Karoo.Media en James Kemp as die welsprekende aanbieder.
    Die tegniese versorging, wat die afneem van die videomateriaal, beligting, klank, redigering, ontwerpe en basiese animasie betref, sowel as die opstel van die advertensies, is volledig deur die uiters knap Riaan Badenhorst by die Orania Beweging hanteer.
    Joost Strydom van die Orania Beweging het die maklikste taak gehad: om toe te sien dat die span met die projek voortgaan.
    Die hele program is dus deur drie Oraniërs, met slegs basiese toerusting, vervaardig!
    Hoewel Orania IN Beweging geen indrukwekkende super-effekte het nie, is dit ‘n testament van wat ‘n klein span met basiese toerusting kan doen: gemotiveer deur liefde vir die Orania-idee.

    Help ons deur:
    1. die skakel aan jou vriende en familie te stuur (ons word volledig deur Orania Beweginglede en advertensie-inkomste befonds. Elke kyk is dus goud werd!);
    2. die skakel na die program op sosiale media te deel;
    3. kommentaar te lewer en die hutsmerk #OraniaInBeweging en #OiB te gebruik;
    4. aan te sluit as lid van die Orania Beweging en dus so hierdie en ander inisiatiewe volhoubaar te ondersteun.
    (Loer gerus by orania.co.za/lidmaatskap)
    Ons opregte dank aan die eerste adverteerders: Orion Hardeware, Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Bo-Karoo Opleiding en Orania Beweging.

    330915203 742037090581487 8802506149259588488 n
    Divider
    Ledenaweek 2023

    Orania Beweging Raadsverkiesing: Nominasies

    Die Orania Beweging Raadsverkiesing vind met die komende ledevergaderingplaas. Soos deur die grondwet van die Orania Beweging bepaal, verstryk ‘n derde van die Raadslede se termyne elke jaar.
    MEER INLIGTING EN NOMINASIES VIR DIE RAAD:

    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Orania Beweging spreker: “Vryheidslesse uit Orania”

    Orania en die Orania Beweging ondersteun reeds vir baie jare die idee van ‘n gedesentraliseerde Suid-Afrika. Joost Strydom van die Orania Beweging het onlangs die geleentheid gekry om by ‘n AfriForum-kongres oor federalisme as spreker op te tree met die tema Vryheidslesse uit Orania.
    Op Afrikaners se vryheidspad is desentralisering van groot belang. Die konstruk van ‘n unitêre Suid-Afrika laat toenemend minder ruimte vir kulture om hulleself daarvan los te maak, en daarmee saam is die sentrale staat daagliks in ‘n slegter en minder bevoegde posisie om die land te bestuur en die burgery se basiese regte en veiligheid te verseker.
    Tydens ‘n onlangse kongres oor federalisme het Joost Strydom van die Orania Beweging ‘n aanbieding gelewer oor die lesse wat Oraniërs geleer het wat betref groeiende selfbeskikking.
    Die aanbieding is hier te siene; die Orania-aanbieding begin by die 3uur18minute-merk.

    Foto: Joost Strydom het ‘n aanbieding oor gedoen oor “Vryheidslesse uit Orania.”

    WhatsApp Image 2022-11-14 at 12.33.02
    Divider

    Orania in die Media

    Orania Beweging ontvang gereeld internasionale media. Dit het al by twee geleenthede gebeur dat die Orania Beweging-span vyf verskillende internasionale mediaspanne binne een week moes hanteer! Orania is en bly ‘n dorp wat internasionaal aandag trek.
    Veral by twee geleenthede het Orania die afgelope tyd aandag in die internasionale media getrek:
    Eerstens, in Marokko, nadat Nelson Mandela se kleinseun Zwelivelile Mandela, Marokko “die laaste koloniale bestel in Afrika” genoem het, en Marokkaanse sokkerondersteuners heftig daarop reageer het op sosiale media waar hulle die standpunt gehuldig het dat dit eintlik die ANC is wat Orania en Afrikaners koloniseer!
    Na hewige sosiale-media-reaksies, waartydens Orania herhaaldelik die toptwiet op Twitter was ’, het ‘n Marokaanse joernalis ‘n onderhoud met Joost Strydom van die Orania Beweging gedoen. Dit kan hieronder gelees word.
    Die tweede geleentheid waar Orania internasionaal aandag getrek het, was te danke aan linksgesinde media in Europa. In 2022 het die Vlaamse Vryheidsparty in België, Vlaams Belang, ‘n besoek aan Orania gebring en onder andere ‘n €50 000 skenking aan Orania gemaak. Natuurlik het linksgesinde media in Europa baie sterk hierop gereageer en sowel Orania as Vlaams Belang het deurgeloop onder media-aanvalle.
    Hierdie berig is die onderhoud soos in dit in die Marokaanse Koerant verskyn het, en daaronder die berig soos in ‘n Vlaamse Koerant publiseer.

    Screenshot 2023-02-24 112631
    1473 Page 25
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    ‘n Volkslied vir Orania

    In ‘n vorige nuusbrief is ‘n berig gepubliseer wat handel oor ‘n kompetisie, met ‘n totale prysgeld van R20 000 vir die skrywer en komponis van Orania se nuwe volkslied. Die Volksliedkompetisie, wat in twee fases, nl die skryf van die lirieke en die komponeer van die melodie sal plaasvind, het goeie, selfs internasionale, belangstelling gelok. .
    Die Orania Beweging het onlangs vir OKeR (Orania Kunsteraad) bygestaan met die fasilitering van ‘n mediakonferensie. Joost Strydom het met OKeR se gaste, Riaan Jacobs, Anje Boshoff en Dirk Hermann, in gesprek getree.
    Kyk hier na die mediakonferensie:

    Screenshot 2023-02-24 113458

    Foto: ‘n Regstreekse uitsending oor die Volksliedkompetisie.

    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Kragoptelkompetisie in Orania

    Orania se vermoë om ‘n wye verskeidenheid van sportsoorte aan te bied groei konstant. Gereelde lesers sal weet dat ‘n muurbalbaan (en -klub) onlangs in Orania geopen is. aDaar is ook ‘n fietsry- en atletiekklub, rugby, jukskei, netbal en aksienetbal, skolesport, swemspanne en veel meer.
    Die Gemsbok Sportinstituut in Orania het onlangs ‘n Kragoptelkompetisie aangebied wat die drie dissiplines van kragoptel, nl hurk (“squat”), bankiedruk (“benchpress”) en dooiegewigoptel (“deadlift”), ingesluit het.
    Dit was goeie Vrydagaand-vermaak vir ‘n groot verskeidenheid van Oraniërs; van gewigoptelgroentjies tot ervare en kompeterende deelnemers het die aand geniet.

    Foto’s: Die atlete in aksie!

    328858366 568521078296823 869468281259931746 n
    323437117 518551380268137 6114368225369097478 n
    328938372 873239817213668 6495552411001219265 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    ONTHOU: BO-KAROO VASBYT (EN VASTRAP) IN Orania

    Die Bo-Karoo Vasbyt is100 km-wedloop of 250 km-wedren (per fiets) oor ‘n tydperk van vier dae. Korter variasies van 55km of 116km per fiets word ook aangebied.
    Persone wat wil inskryf sal so gou moontlik verblyf moet bespreek. Die Orania Beweging stel ‘n volledige verblyflys op wat beskikbaar is by orania.co.za/verblyf.
    Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Maart 2023
    Die Vasbyt-datums is van 25 April tot 29 April 2023 met registrasie op die eerste dag.
    Van 26 April tot 29 April 2023 vind die wedloop en wedren daagliks oor verskillende afstande plaas. Die deelnemers het twaalf uur per dag om die die afstand vir die dag te voltooi.

    Afstande per dag:
    Ligloop: Tussen 9 en 16 km per dag
    Vasbyt: Tussen 14 en 33 km per dag
    Ligtrap: Tussen 25 en 33 km per dag
    Vastrap: Tussen 42 en 80 km per dag

    Klik op die skakel hieronder om die WEDLOOP en/of WEDREN se inskrywingsvorm af te laai.
    Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan navrae@bokaroovasbyt.co.za

    322905380 1252212298712558 6757568786486164451 n
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    Ledekommunikasie nou per e-pos

    Die Orania Beweging is besig om al ons stelsels te moderniseer, samelopend daarmee is die toestand van die Suid-Afrikaanse nasionale posdiens van so ‘n aard dat lede se verwelkomingsbriewe nie meer per pos gestuur kan word nie.

    Nuwe en bestaande lede sal kan uitsien daarna om alle ledestukke voortaan elektronies te ontvang, met slegs enkele uitsonderings.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.