Loving Life TV

Verbonde – Deel 1 – Inleiding – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Verbonde – Deel 1 – Inleiding – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #402196
    pieterdeklerk
    Moderator

    Inleiding

    Voor Covid was ek van plan om heelwat van die aspekte wat ek gereeld plaas in boek vorm op te teken en beskikbaar te stel. Ek het toe besluit om dit eerder stuk stuk te plaas.

    Een van die hoofstukke sou handel oor Verbonde.

    Daar bestaan soveel verwarring oor hierdie onderwerp. Ek sal poog om dit te verduidelik, want hierdie is ‘n deel van die Bybelse leerstellings wat erg verwaarloos word en tog sonder om te verstaan, mis ons groot dele van die Woord.

    In my gesprekke deur die jare met dierbare kinders van God kom die volgende vraag gereeld op: “Hoekom is daar so baie verskillende kerke en verdeeltheid tussen Christene”?

    Dit is ‘n relevante vraag en dit is die beweegrede vir hierdie skrywe.

    Ek wil begin om die verskillende konsepte eers toe te lig voor ek by die verbonde kom.

    WAT IS DIE GRONDSLAG VANwQW2 VERBONDE?

    Daar is agt Verbonde opgeteken in die Ou Testament tussen God en mens en dan een in die Nuwe Testament naamlik die Nuwe Verbond van Genade.

    Hierdie bespreking handel egter slegs oor die agt Verbonde van die Ou Testament.

    Onlangs was ‘n persoon bitter kwaad vir my omrede ek in ‘n gesprek gesê het dat die Woord van God reg gesny moet word. Hy het my in geen onsekere taal laat verstaan dat geen mens aan God se Woord mag kerf nie. Ek wou nog 2 Tim met hom bespreek maar toe is hy weg. Sy siening was vir hom meer belangrik as die Woord self. 2 Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

    Wat bedoel die Bybel met “reg sny?

    Baie eenvoudig net dit. Ons moet verstaan dat ons nie met ‘n storieboek te doen het nie, maar met God se Woord. God se Woord is meer soos ‘n legkaart.

    Hierdie hoofstuk oor Verbonde gaan juis oor so ‘n “Sny”. Maw, daar moet altyd gekyk word na wat, waar, hoe, wanneer en vir wie sekere skrifte bedoel is. Anders gestel; Konteks, Verband en Kronologie.

    Kyk ons na die volgende skrifgedeelte dan word dit meer duidelik 2 Timoteus 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
    16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

    Terwyl dit stel dat die “Die hele Skrif is deur God ingegee” meen dit egter nie die hele Skrif is van toepassing op ons nie, maar wel vir “is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”, en dit is wat bedoel word met “reg sny”. Daar is geen verwysing na “onderhou” nie en dis waar mistastings gebeur.

    Kom ek vra so, sou die hele Skrif vir ons bedoel was om te onderhou, doen ons al die feeste soos beskryf mbt Israel?

    Nee, sekere skrifte is slegs vir Israel bedoel en dan weer skrifte in die NT is vir ons in die Genade Despensasie bedoel.

    Nou is daar mense wat die opinie huldig dat al die Verbonde verval het met die kruisiging van Jesus. Timotius sê dat die “Heilige skrifte” geken moet word. So vind ek dat mense vooropgestelde idees het van wat in die Bybel staan. So ook kry ek dieselfde oor Verbonde.

    Dit gaan selfs so ver dat daar heelwat mense is wat die Bloedrivier Gelofte ook sien as ‘n Verbond eerder as ‘n Gelofte. Dit is twee totaal verskillende dinge.

    WAT IS ‘n VERBOND ?

    Aangesien ’n groot deel van God se verhouding met die mens op verbondsverhoudings gebou is, is ’n studie van die agt verbonde ’n baie belangrike aspek daarvan om die Skrif reg te verstaan.

    Die mees algemene metode om persepsie te verkry, is om die Konsep van Bedeling toe te pas. Die bedelings is egter op spesifieke verbonde gegrondves, en kennis van hierdie verbonde sal Bybellesers help om ‘die woord van die waarheid reg [te] sny’.

    ‘n Bedelings beteken slegs tydperke. As voorbeeld, die tydperke van Adam, Abraham, Dawid of Moses ens. Hoewel die bedelings (tydperke) tot ’n einde mag kom, duur die verbonde daarvan egter dikwels voort.

    TIPE VERBONDE

    Daar is twee tipe verbonde in die Bybel: voorwaardelike en onvoorwaardelike verbonde. Dit is belangrik om tussen hierdie twee tipes verbonde te onderskei ten einde ’n duidelike beeld te hê van hoe dit funksioneer.

    1) VOORWAARDELIKE VERBONDE

    ’n Voorwaardelike verbond is ’n tweesydige verbond waarin God ’n aanbod aan die mens maak. Die grondslag van so ‘n Verbond is “As jy doen dan sal Ek”.

    God belowe daardeur om spesiale seëninge aan die mens te skenk, mits die mens sekere voorwaardes nakom wat deel van die verbond vorm. Die mens se versuim om dit te doen lei dikwels tot straf. ’n Mens se reaksie op die verbondsooreenkoms bring dus óf seëninge óf vloeke. Die seëninge word deur gehoorsaamheid verkry, en die mens moet aan Sy voorwaardes voldoen voor God aan Syne voldoen.

    Slegs twee van die agt verbonde in die Ou Testament is voorwaardelik: die Verbond van Eden/Adam en die Verbond van Moses.

    2) ONVOORWAARDELIKE VERBONDE

    ’n Onvoorwaardelike verbond is ’n eensydige verbond en is ’n soewereine ingryping deur God waardeur Hy Homself onvoorwaardelik verbind om bepaalde seëninge, beloftes en omstandighede vir die mense en die Verbondsvolk te bewerk.

    Hierdie verbond se grondslag word gekenmerk deur: “Ek sal” wat God se beslistheid verklaar om te doen wat Hy belowe het.

    MAW. Voorwaardelik “As jy doen dan sal Ek”; Onvoorwaardelik “Ek sal”.
    Twee van die agt verbonde is voorwaardelik naamlik:

    die Verbond van Adam voor die val.
    die Verbond van Moses

    Ses van die agt verbonde is onvoorwaardelik naamlik:

    die Verbond van Adam na die val
    die Verbond van Noag,
    die Verbond van Abraham,
    die Verbond van Dawid, Isak, Jakob
    die Palestynse Verbond, ook genoem die Grondverbond,
    die Nuwe Verbond met Israel

    DIE VERBONDE MET ISRAEL

    Vyf van hierdie agt Verbonde is uitsluitlik met Israel gesluit, terwyl drie met die mensdom in die algemeen gesluit is.

    Slegs een van die vyf verbonde wat met Israel gesluit is, is voorwaardelik: die Verbond van Moses. Die ander vier verbonde is almal onvoorwaardelik: die Verbond van Abraham, die Grondverbond, die Verbond van Dawid en die Nuwe Verbond in die Ou Testament.

    DIE AARD VAN DIE VIER ONVOORWAARDELIKE VERBONDE MET ISRAEL

    Wat die aard van die onvoorwaardelike verbonde wat met Israel gesluit is, moet ons op vier dinge let.

    1) Dit is letterlike verbonde en hul inhoud moet ook letterlik vertolk word.
    2) Die 4 onvoorwaardelike verbonde wat God met Israel gesluit het, is ewig en word nie op enige manier deur tyd beperk of gewysig nie.
    3) Dit is nodig om te herbeklemtoon dat hierdie verbonde onvoorwaardelik is en nie deur Israel se ongehoorsaamheid opgehef kan word nie. Omdat die verbonde onvoorwaardelik is en hul vervulling heeltemal van God afhang, kan ons verwag dat hulle uiteindelik almal ten volle vervul sal word.
    4) Hierdie verbonde is met ’n spesifieke volk gesluit – Israel. Paulus lig hierdie punt uit in Romeine 9:4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes.

    Hierdie teksgedeelte maak dit duidelik dat hierdie verbonde met die verbondsvolk gesluit is en dat dit aan Israel behoort en net aan hulle. Dit word weer uitgelig in Efésiërs 2:11-12 DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

    Vyf van die agt Bybelverbonde behoort aan die volk Israel en, soos hierdie gedeelte noem, word nie-Jode as vreemdelinge ten aansien van die verbonde gereken.

    DIE BEGINSEL VAN DIE TYDSBEREKENING VAN DIE VERBONDE

    ’n Verbond kan op ’n spesifieke punt in die geskiedenis onderteken en verseël word, maar dit beteken nie dat al die bepalings onmiddellik in werking tree nie. Trouens, drie verskillende dinge kan gebeur sodra ’n verbond verseël is.

    1) Party bepalings tree dadelik in werking.
    2) Party bepalings tree in die afsienbare toekoms in werking, wat moontlik twintig jaar of vyfhonderd jaar later is.
    3) Party bepalings tree slegs in die verre profetiese toekoms in werking, en is tot op hede nog nie vervul nie.

    Ek gaan eers hier stop. Soos aan die begin genoem sal ek die Verbonde een een bespreek.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.