Die militante groep Allied Democratic Forces (ADF), wat bande met ISIS het, het Vrydag 41 persone tydens ’n aanval op ’n laerskool in Uganda vermoor. Altesaam 38 kinders is gedood en agt is kritiek gewond.
Sommige van die slagoffers het doodgebrand toe die militante die skoolslaapsaal aan die brand gesteek het. Ander is geskiet of met messe doodgekap.
Een wag en twee lede van die gemeenskap is ook in die aanval gedood.
Meer as 100 kinders is glo ontvoer. Ses is glo ontvoer om te help dra aan die kos wat die militante gesteel het.
Die militante het deur die Virunga- nasionale park na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlug.
Bronne: The Sun, Nation, The Korea Times
source:Kinders doodgebrand in aanval op Uganda-skool (find-it.co.za)