DRIE HIJACK METODES
● Hijackers trek jou vas met ‘n kar voor jou en een agter jou. ‘n Wapen word op jou gerig en jy word uit jou voertuig gedwing.
Dieselfde modus operandi word gevolg wanneer jy in jou oprit by die huis indraai, trek hulle jou met ‘n voertuig vas. Dwing jou met ‘n wapen uit jou voertuig. Hierdie word die “Block method” genoem.
● Die tweede metode word die “tap-tap trap” metode genoem. ‘n Voertuig ry in jou vas. Wanneer jy stilhou, word jy genader en verskoning gevra en meegedeel dat julle inligting moet uitruil. Dis wanneer jou voertuig gehijack word.
● Die “Good Samaritan” metode is wanneer iemand verby jou ry en indikasie gee dat jy byvoorbeeld ‘n pap wiel het. Sou jy aftrek, word jy gehijack.
Die provinsies wat die meeste gaffekteer word is GAUTENG , KWAZULU-NATAL en WES KAAP.
Tipe voertuie wat die meeste gehijack word is karre, gevolg deur bakkies en dan volg motorfietse.
Meeste hijacks gebeur gedurende die dag . Dit gebeur wel snags ook.