VRYSTAAT. – Carl Koen (50) en Sharon de Villiers (50) van Alberton is Maandag omstreeks 13:00 op Lankranz-plaas in Clarens, waar die Suzuki Jimny Auto SA Guinness World Record-poging oor drie dae gehou was, dood in hulle tent aangetref. Die rekordpoging het die gelyktydige aanskakel van motorligte op Erfenisdag behels.
Kapt. Loraine Earle sê die organiseerders was besig om tente af te slaan toe hulle die paartjie dood in ‘n tent, wat glo na gas geruik het, aantref.
Die oorledenes het op hulle bed gelê. ‘n Gasbottel met ‘n teepot, gevul met water, is ook in die tent gekry.
Die paartjie is op die toneel dood verklaar.
Geen gemene spel word vermoed nie. Earle sê die polisie ondersoek twee geregtelike doodsondersoeke.
SOURCE:Paartjie dood in tent gevind (find-it.co.za)