Home › Forums › ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ › Vrou ry glo drie keer oor ‘n man, vir moord aangekla
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2023-10-07 at 16:31 #423446Nat QuinnKeymaster
MPUMALANGA. – Samantha Gauche (35) het na bewering Saterdag drie keer oor Leon Jansen van Rensburg (50) op ‘n kleinhoewe te Modderoos Boorde in Sundra, Mpumalanga gery, waarna hy aan sy beserings gesterf het.
Brig. Selvy Mohlala sê volgens inligting het die oorledene die verdagte gekeer om te ry en het na bewering agter die verdagte se voertuig gestaan, waarna sy verskeie keer oor hom gery het.
Sy het glo van die toneel weggejaag, maar het beheer oor haar voertuig verloor en teen ‘n boom gebots. Voordat sy verder kon vlug, het ‘n tuinier, wat glo die insident gesien gebeur het, alarm gemaak.
Met aankoms van die polisie en nooddienste is die oorledene dood verklaar en die verdagte in hegtenis geneem.
Hettie Jansen van Rensburg, die oorledene se vrou, is vir skok in ‘n hospitaal behandel.
Gauche het Maandag in die Delmas-landdroshof verskyn. Die saak is vir haar borgaansoek tot eerskomende Maandag uitgestel tewyl sy in aanhouding bly.
Hettie Jansen van Rensburg het die volgende op 2 Oktober op sosiale media geplaas:
My liefste man
Dit was onregverdig wat gebeur het met jou. Ek jou vrou gaan baie na jou verlang my man. Ek bid dat jy kan rus vind in jou hart by die Here ons God. Jy was ‘n goeie man, boer, pa, seun, boetie, oom en oupa, ek gaan jou baie verlang. Jy was nooit bang om te werk met jou hande, altyd hard gewerk en gesorg vir ons. Jou liggie sal altyd helder skyn in ons harte. Ek sal altyd by jou wees en jou hand vashou. Rus in vrede my man tot en met ons weer ontmoet.
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.