Home › Forums › A SECURITY AND NEWS FORUM › R50 miljoen aan Kuba deur AfriForum gestop
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2023-10-26 at 14:41 #426211Nat QuinnKeymaster
Die skenking van R50 miljoen wat Dirco aan Kuba wou maak, is finaal en suskesvol deur AfriForum gestop.
Nadat die beoogde skenking aan die lig gekom het, het AfriForum, die burgerregteorganisasie, ‘n dringende interdik om die skenking stop te sit, bekom. Die regering het appèl aangeteken en dit is van die hand gewys. AfriForum het op 15 Mei 2023 weer ‘n hersieningsaansoek ingedien waarna die Hooggeregshof in Pretoria met koste vir Dirco in AfriForum se guns beslis het.
“’n Land met ’n sukkelende ekonomie en ’n regering wie se geld op die punt is om op te raak, kan nie sommer net miljoene rande aan sy vriende uitdeel nie. Dit is verregaande om só ‘n reusebedrag geld onder die huidige sosio-ekonomiese toestande aan ’n ander land te skenk,” sê Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum.
Lees AfriForum se volledige verklaring hier onder:
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag die regering se beoogde skenking van R50 miljoen aan die Kubaanse regering suksesvol gestuit. Dié besluit is deur die Pretoriase Hooggeregshof geneem, nadat AfriForum op 15 Mei 2023 ’n hersieningsaansoek ingedien het om die onwettige skenking deur die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) te stop.
AfriForum het in 2022 ’n dringende interdik bekom om DIRCO te verhoed om die R50 miljoen aan die Kubaanse regering te skenk. Die regering se poging om te appelleer is van die hand gewys. AfriForum het in hierdie hersieningsaansoek gevra dat die skenking tersyde gestel word, dat die besluit wat deur die Nasionale Tesourie geneem is om die skenking goed te keur tersyde gestel word, en dat die besluit om die geld te stuur nie toegelaat mag word nie – alles met regskoste. Verder mag enige toekomstige skenking aan Kuba nie toegelaat word sonder parlementêre goedkeuring, soos uiteengesit in die organisasie se versoek nie.
Die Suid-Afrikaanse regering is in ’n ernstige finansiële krisis en kan nie bekostig om so ’n buitensporige bedrag geld irrasioneel te skenk nie. Die onsekerheid oor die werklike bedrag van die skenking wys ook hoe belangrik dit is om hierdie belaglike skenking te stop.
“’n Land met ’n sukkelende ekonomie en ’n regering wie se geld op die punt is om op te raak, kan nie sommer net miljoene rande aan sy vriende uitdeel nie. Dit is verregaande om só reusebedrag geld onder die huidige sosio-ekonomiese toestande aan ’n ander land te skenk,” sê Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum.
bron:Kyk: R50 miljoen aan Kuba deur AfriForum gestop (find-it.co.za)
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.