Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Ondersoek na drie vragmotors uitbrand

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #427486
    Nat Quinn
    Keymaster

    LIMPOPO. – Drie sake van opsetlike saakbeskadiging word in die Mopani-distrik ondersoek nadat drie vragmotors Woensdagaand omstreeks 19:00 aan die brand gesteek is.

    Brig. Hlulani Mashaba sê volgens inligting het gemeenskapslede amok gemaak en na bewering die R40, asook die R71 met takke en brandende bande blokkeer. Drie boosdoeners het glo die geleentheid aangegryp om vragmotorbestuurders uit hul vragmotors gedwing. Nadat die bestuurders glo deursoek en van selfone beroof is, het die verdagtes die vragmotors aan die brand gesteek.

    Skade word op ongeveer R2 miljoen geskat. Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.

    Die motief vir die insidente is tans onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

     

    BRON:Ondersoek na drie vragmotors uitbrand (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.