Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Ruiters sit lewenslank vir Lynette Volschenk se grumoord

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430944
    Nat Quinn
    Keymaster

    WES-KAAP. – Kyle Ruiters, wat skuldig bevind is aan die moord op Lynette Volschenk, is lewenslank tronk toe gestuur. Hy is nie as ‘n gevaarlike misdadiger geklasifiseer nie, omdat dit hom ‘n verminderde vonnis sou gee. Ruiters het Volschenk na hy haar vermoor het met ‘n saag in stukke opgesny.

    Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê regter Henney het tydens vonnisoplegging gesê Ruiters is sonder twyfel ‘n gevaarlike misdadiger wat ‘n gevaar vir die samelewing inhou. Hy is oortuig indien Ruiters hom weer in die samelewing sou bevind, hy weer misdade sou pleeg. Vir die moord het hy Ruiters lewenslank, vir lykskending 15 jaar en vir regsverydeling ‘n verdere vyf jaar gevonnis.

    Prof. Kalinski het na Ruiters se psigiatriese waarneming by Valkenberg-hospitaal gesê: “He is not mentally ill and has definite psychopathic traits. If convicted the court should be cautious whether he be declared a danger to the physical and mental well-being of others as envisaged in Section 286A of the Criminal Procedure Act.”

     

    Ruiters is verder onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Regter Henney het beveel ‘n kopie van die vonnisoplegging, verslae van sielkundiges en psigiaters, foto’s, die verslag van die nadoodse ondersoek en ander belangrike dokumente van die saak moet deel van Ruiters se tronklêer wees.

    Adv. Nicolette Bell, direkteur vir openbare vervolging in die provinsie, het die vonnis tydens die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, verwelkom.

    Lees hier hoe Ruiters die grusame moord gepleeg het:

    Kyle Ruiters het op 21 Augustus 2019 vir Lynette Volschenk (32) in haar woonstel in Bellville doodgesteek en toe haar liggaam opgesny.

    Die Hooggeregshof van Suid-Afrika in die Wes-Kaap het Ruiters skuldig bevind op aanklagte van moord met voorbedagte rade, lykskending en poging tot regsverydeling. Ruiters het op die aanklagte teen hom skuldig gepleit. Hy het aan die hof gesê dat hy ‘n dwelmgebruiker is en dat hy sy dwelmhandelaar R30 000 skuld. Sy handelaar het hom met ernstige gevolge gedreig indien hy nie sy skuld betaal nie. Hy het toe ‘n plan gemaak om iemand te vermoor om hul waardevolle items te vat om sy skuld te kan betaal.

    Hy het in dieselfde woonstelgebou as Volschenk gebly. Ruiters het aanvanklik verskeie moontlike slagoffers nagevors, aantekeninge gemaak en video’s van hul bewegings na en van hul wonings, werksplekke en enige toevallige plekke wat hul sou besoek, opgeneem. Daarmee saam het hy ook hul sosialemedia-aktiwiteite dopgehou. Hy het dieselfde met Volschenk gedoen en aantekeninge gemaak van sy voorneme om haar te vermoor.

    Ruiters het selfs ‘n boodskap vir haar familie en vriende opgestel, vir ingeval hulle haar sou kom soek, maar hy het nie die boodskap geplaas nie en het dit op sy foon gehou.

    Die middag van 21 Augustus 2019 het hy gekyk hoe Volschenk na haar woonstel wat bo sy eie was, stap. Hy het vir haar gewag en haar na binne gevolg toe sy haar woonstel oopmaak. Hy het sonder uitlokking ‘n mes wat op die toonbank was gegryp en haar verskeie kere in die nek en lyf gesteek. Sy het geskree en die aanval probeer keer, waartydens sy verdedigingswonde aan haar hande en onderarms opgedoen het.

    Toe sy ophou beweeg, het hy besef dat sy dood is.

    Om van haar liggaam ontslae te raak, het hy besluit om haar op te sny.

    Daarvoor het hy ‘n handsaag wat hy in die woonstel gekry het, gebruik. Terwyl hy die grusame taak uitgevoer het, het hy haar liggaam na verskeie dele van die woonstel gesleep. Dit was ‘n moeilike taak en hy het dit op die aand van 21 Augustus 2019 net so gelos, waarna hy na sy woonstel gegaan, sy klere omgeruil en gaan slaap het.

    Die volgende oggend is hy terug na die woonstel en het haar kop in ‘n rugsak gesit en langs bosse naby Jip de Jagerweg in Bellville gaan gooi. Hy is daarna na ‘n hardewarewinkel om ‘n stel geel handskoene en ‘n backsaw (rugsaag) te koop. Hy het aan die hof gesê hy het nadat hy haar liggaam in nege dele opgesny het, die dele na sy woonstel geneem en van koelbokse en sakke wat hy in die haar woonstel gekry, gebruik gemaak.

    Later is hy terug na die oorledene se woonstel waar hy bebloede items verwyder en in vullisdromme gegooi het. Daarna het hy probeer om die bloedspatsels in die woonstel skoon te maak.

    Toe die oorledene egter nie by die werk opgedaag het nie het haar kollegas bekommerd geraak. Hulle het ‘n vroulike inwoner in die woonstelblok gekontak wat na haar gaan soek het. Die veiligheidshek van die oorledene se woonstel is oop gevind, die voordeur was gesluit en die oorledene se voertuig het nog op die parkeerplek staan. Sy het dit by die sekuriteit aangemeld. Sy, die sekuriteit, die oorledene se suster wat by die woonstel opgedaag het en twee kollegas is na die woonstel.

    Hulle het geklop, waarna Ruiters met die geel handskoene aan, vir hulle die deur oopgemaak het.

    Ruiters is gekonfroneer en hy het vir hulle gesê dat hy vir Volshenk werk en dat sy hom betaal om haar woonstel skoon te maak.

    Daar was egter nog steeds bloed aan die mure en sommige liggaamsdele was nog in die woonstel.

    Hulle het die polisie gebel, waarna Ruiters in hegtenis geneem is. Die polisie het die swartsakke met haar liggaamsdele in sy woonstel gevind. Hy het hulle probeer mislei deur hulle na Jack Miller Park, in Frans Conradieweg in Bellville te neem waar hy beweer het hy haar kop weggegooi het, terwyl hy geweet het dat dit in die bosse naby Jip de Jagerweg in Bellville gestort is, vandaar die klagte van regsverydeling.

    Die staat het die hof gevra om Ruiters vir waarneming na Valkenberg- psigiatriese hospitaal te verwys nadat ‘n aanvanklike verslag van dieselfde instansie verklaar het dat hy “definitiewe psigopatiese eienskappe” het en dat “indien hy skuldig bevind word, die hof in kennis gestel moet word dat hy as ‘n gevaar vir die fisiese en geestelike welsyn van ander verklaar kan word soos vervat in Artikel 286A van die Strafproseswet”.

    In ‘n vroeëre psigiatriese verslag na aanleiding van ‘n bevel van die Bellville-landdroshof op 1 Desember 2022 het Ruiters aan psigiaters gesê dat hy gefassineer is deur reeksmoordenaars en dat hy die onderwerp breedvoerig nagevors het. Hy het onder meer Ted Bundy nagevors, maar was die meeste gefassineer met die Zodiac Killer wat nog nooit gevang is nie. Hy het ook oor die opsny van liggaamsdele navorsing gedoen.

    Bron: NVG Wes-Kaap
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.