-
BOKSBURG. – ’n Gewapende roof en opblaas van ’n geldsekuriteitsvoertuig het verkeer op die R21 Noord naby die Griffiths-afrit Saterdagoggend tot stilstand gedwing. Drie ontploffings is gehoor.
Gauteng SAPD vra die gemeenskap se hulp om die motors wat ten minste 12 verdagtes help wegkom het, te vind.
Gemeenskapslede moet op die uitkyk wees vir twee BMW’s: ’n wit X5 met registrasienommer HY 55 HF GP en ’n silwer X2 met registrasienommer KN 47 KK GP.
Maksimum hulpbronne is sedertdien gemobiliseer om die swaargewapende verdagtes op te spoor. Hulle het met ’n onbekende bedrag geld weggekom.
Bronne: SAPD, REZA, Twitter
- You must be logged in to reply to this topic.