Loving Life TV

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM VF PLUS SAL MANGAUNG-METRO DWING OM HOFBEVEL TEEN BESETTERS UIT TE VOER

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #441182
    Nat Quinn
    Keymaster

    5 Maart 2024

    Die VF Plus sê hy sal die Mangaung-metro dwing om die tussentydse hofbevel uit te voer wat die metro op 2 Maart bekom het teen diegene wat probeer om grond te beset aan weerskante van die Jagersfontein-pad in Lourierpark, vyf kilometer buite Bloemfontein.

    Die VF Plus-LP en nasionale woordvoerder, Wouter Wessels sê hoewel die tussentydse hofbevel op ʼn dringende basis toegestaan is, het die burgemeester, Gregory Nthatisi en sy mede ANC-raadslede, besluit om nié die bevel te laat uitvoer nie.

    Hierdie hofbevel bepaal dat enige onvolledige strukture wat op die eiendom opgerig is, verwyder moet word, en dat die besetters die area moet verlaat.

    Wessels meen dit is nie ʼn besluit wat die burgemeester of enige raadslid kan neem nie. Hy sê die eiendom behoort aan die munisipaliteit en die hofbevel is in openbare belang bekom en moet uitgevoer word.

    “Dit is ook bevestig dat dit juis ANC-raadslede was wat die besetters aangemoedig het om die spesifieke gebied te beset.”

    Wessels sê die VF Plus sal hom dus tot die hof wend om die metro te dwing om die bevel uit te voer.

     

    source:VF Plus sal Mangaung-metro dwing om hofbevel teen besetters uit te voer – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.