Die voormalige president, Thabo Mbeki, het oud-president Jacob Zuma gekap oor die uMkhonto we Sizwe politieke party (MK-party) en sê dit word bedryf deur dieselfde mense wat probeer het om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te vernietig.
Mbeki het gisteraand Unisa toegespreek waar hy sy voormalige adjunk-president gekap het omdat hy probeer om ‘n teenstrydige verklaring oor die MK te maak.
Die ANC meen ook Zuma behoort homself van die party te onttrek, aangesien niemand ‘n lid van die ANC kan wees, ‘n veldtog voer vir ‘n ander party en eis dat die ANC uit die kussings gelig word nie.
Die MK party se jeugliga het vroeër gesê Zuma is die presidensiële kandidaat vir die party en het gedreig dat daar geen verkiesing gehou sal word indien Zuma se naam en die MKP party nie op stembriewe verskyn nie.
BRON:Thabo Mbeki kap Jacob Zuma vir “die verwoesting van demokrasie” – Pretoria FM