Home › Forums › ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. › Verdagtes en pastoor na kleinhoewe-aanval in arres Deur Wanda Olivier | 17 June, 2024
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2024-06-18 at 14:15 #452591Nat QuinnKeymaster
Verdagtes en pastoor na kleinhoewe-aanval in arres
- Deur Wanda Olivier
- |
NOORDWES. – Verdagtes, onder wie ‘n pastoor, is na ‘n aanval op Dinsdag 11 Junie op ‘n kleinhoewe buite Swartruggens waartydens ‘n vrou doodgemaak is, in hegtenis geneem.
Kol. Amanda Funani sê ‘n multidissiplinêre span het verdagtes wat glo ‘n kleinhoewe buite Swartruggens betree en moord gepleeg het, in hegtenis geneem. Na bewering het vier verdagtes vir Elizabeth Maseloane (60), wat alleen tuis was, vermoor. Met haar man (70) se aankoms by die huis is hy oorval en na die hoofhuis geneem waar dit geplunder en items in twee bakkies gelaai is. Die man is daarna ontvoer, maar kon daarin slaag om uit die bewegende voertuig te ontsnap om hulp te kry.
Funani sê twee verdagtes is onderskeidelik op Swartruggens en Rustenburg in hegtenis geneem. ‘n Verdagte man (35), op borg, is Vrydag by Swartruggens-landdroshof gearresteer, waar hy op aanklag van huisbraak en diefstal wat in April gepleeg was, voorgekom het. Die tweede verdagte (36) is Saterdagoggend vroeg by sy huis in Rustenburg vasgetrek. Hy kon glo nie verduidelik wat ‘n voertuig, wat aan die huisroofslagoffers behoort, in sy besit maak nie.
Een van die verdagtes (35) se meisie (30) is ook Vrydag by haar huis in Madikwe in hegtenis geneem. Sy was in besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Sy sal na verwagting Dinsdag in die Swartruggens-landdroshof verskyn.
Nóg ‘n verdagte (45), ‘n pastoor wat Sondag ‘n kerkdiens in Mogwase gehou het, is tydens die diens in hegtenis geneem. Die aanklagte teen hom is die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van ‘n vuurwapen wat glo tydens die huisroof gesteel is. Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Mogwase-landdroshof verskyn.
Meer verdagtes word gesoek.
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
‘n Vrou wat alleen tuis was, is Dinsdag op ‘n plaas buite Swartruggens vermoor. Haar man (70) is deur verdagtes ontvoer, maar kon daarin slaag om te ontsnap.
Lt.kol. Amanda Funani sê die voorlopige verslag dui aan vier verdagtes het die hoofhuis betree en die vrou vermoor. Met die aankoms van haar man op die plaas is hy oorval en na die hoofhuis geneem. Die huis is geplunder en huishoudelike items is op twee bakkies gelaai. Die man is in een van die bakkies gedwing en mee weggery.
Huishoudelike items is volgens Funani na ‘n vroulike verdagte (34) se schack in ‘n informele nedersetting buite Swartruggens geneem. Die man het daarin geslaag om uit die bewegende voertuig te spring. Hy het gevlug en hulp van nabygeleë boere gevra. Die polisie is van die voorval verwittig.
Die verdagte vrou is in die vroeë oggendure van Woensdag in hegtenis geneem, nadat van die vermoedelik gesteelde items in haar besit gevind is. Sy sal Vrydag in die Swartruggens-landdroshof verskyn.
Die polisie is op soek na nog vier verdagtes.
Bron:https://nuusflits.com/verdagtes-en-pastoor-na-kleinhoewe-aanval-in-arres/
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.