Plaasmoordenaar lewenslank tronk toe gestuur deur WANDA OLIVIER
VRYSTAAT. – Mark Regal (50 ten tyde van die misdaad) is op 11 November 2020 op sy pa se plaas, Thelma, op Odendaalsrus, tydens ‘n plaasaanval doodgeskiet. Khulekani Kaizer Mthethwa (46) is tot lewenslank en addisioneel 10 jaar tronkstraf vir die misdaad gevonnis.
Sers. Maholomola Kareli sê Mthethwa is vir Regal se moord en poging tot moord op sy vrou gevonnis. Die verdagtes het probeer om Regal se vrou dood te maak, maar sy kon daarin slaag om een van die verdagtes dood te skiet. Ander verdagtes het ontsnap. Bewysstukke wat deur deskundiges op die toneel versamel is, het tot Mthethwa se inhegtenisneming op 24 Maart 2024 gelei.
Mthethwa, wat deur DNS aan die toneel gekoppel is, is in die hof skuldig bevind en is lewenslank vir moord en 10 jaar vir poging tot moord gevonnis en is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
source:https://nuusflits.com/plaasmoordenaar-lewenslank-tronk-toe-gestuur/