Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Bejaarde vrou doodgekap, buitelander in aanhouding Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #457363
    Nat Quinn
    Keymaster

    Bejaarde vrou doodgekap, buitelander in aanhouding

     

    LIMPOPO. – ‘n Vrou (74) is Sondagmiddag in wat die polisie as ‘n brutale aanval beskryf, in haar huis in Mahwelering, Sone 2, doodgekap. ‘n Buitelander (40) is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

    Brig. Hlulani Mashaba sê bekommerde bure het gehoor iets gaan aan en is na die huis van die bejaarde om te help. Die oorledene is in die huis gevind waar sy met ‘n tou vasgebind is. Sy het verskeie steekwonde gehad, waarna die polisie en nooddienste dadelik ontbied is.

    “Met aankoms op die toneel het paramedici die 74-jarige slagoffer dood verklaar.”

    Mashaba sê plaaslike speurders het vinnig die verdagte geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

    Die ondersoek duur voort om die omstandighede van die misdaad te ontbloot.

    “Die verdagte wat in die omgewing woon, is tans in aanhouding en sal na verwagting vandag op aanklag van moord in die Mahwelereng-landdroshof voorkom.”

     

    Bron:https://nuusflits.com/bejaarde-vrou-doodgekap-buitelander-in-aanhouding/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.