Loving Life TV

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Boeing ontdek nuwe fout op 737-vliegtuie

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #457493
    Nat Quinn
    Keymaster

    Boeing het ‘n nuwe probleem op 737-vliegtuie wat nog gebou word ontdek, wat kan veroorsaak dat die maatskappy omtrent 50 vliegtuie moet aanpas.

    Daar is ‘n probleem met die vliegtuie se romp met twee gate wat nie reg geboor is nie.

    Die woordvoerder vir Spirit AeroSystems, wat Boeing se romp voorsien, het gesê een van hulle lede het gesien daar is ‘n probleem wat nie op hulle standaard is nie en hulle werk om dit te herstel.

    Hierdie probleem is net nog ‘n probleem vir Boeing nadat een van hulle vliegtuie in Januarie ‘n paneel van ‘n nooddeur tydens ‘n vlug verloor het en ‘n ooreenkom oor twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019 onlangs bereik is.

    Bronne: Fortune, Flight Aware, NY Times

     

    BRON:Boeing ontdek nuwe fout op 737-vliegtuie – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.