Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ 86 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof-because they tried to loot the truck of it’s fuel

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #460208
    Nat Quinn
    Keymaster

    86 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof-because they tried to loot the truck of it’s fuel

    Die dodetal, nadat ‘n brandstoftenkwa in Nigerië omgeslaan, en ontplof het, het tot 86 gestyg.

    Dit nadat 77 mense aanvanklik dood is.

    Die slagoffers het hul vermoedelik na die toneel gehaas om te probeer om van die brandstof in houers bymekaar te maak, toe die vragwa ontplof het. Dit kom nadat die voertuig, met 60 000 liter petrol in, in ‘n ongeluk betrokke was.

    25 mense – insluitend reddingswerkers – het brandwonde opgedoen.

    Brandstoftenkwa-ontploffings en -ongelukke is algemeen in Nigerië.

    Twee weke gelede is vyf mense dood in ‘n soortgelyke voorval en in Oktober het 153 mense in een só voorval omgekom. In 2020 het die Federale Padveiligheidskorps (FRSC) gesê dat sowat 1 531 van dié ongelukke in die afgelope paar jaar aangemeld is, waarin 535 mense dood is.

     

    bron:86 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.