GAUTENG. – ‘n Man (27) wat ‘n getuie in ‘n Eldorado Park-moordsaak was, is Dinsdag buite die Lenasia-landdroshof doodgeskiet. Die verhoor sou Dinsdag begin.
Kol. Mavela Masondo sê volgens rapportering het die oorledene buite die hof gestaan toe hy sonder dat daar gekommunikeer is, deur twee gewapende verdagtes oorval en geskiet is.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom om sodoende die polisie in hulle ondersoek te help.
Bron:Getuie in moordsaak buite hof doodgeskiet – Nuusflits