Home › Forums › ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. › Groenewald klap sweep: Plaasmoordenaars moet bly sit
- This topic has 2 replies, 2 voices, and was last updated 2 days, 14 hours ago by Nat Quinn.
Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
-
AuthorPosts
-
2025-01-26 at 23:27 #460687Nat QuinnKeymaster
Groenewald klap sweep: Plaasmoordenaars moet bly sit
Rapport
Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, het in die afgelope sewe maande die paroolaansoeke van net sewe mense wat lewenslange tronkstraf uitdien, goedgekeur.
.Dis net 1% van die moordenaars, verkragters en gewoontemisdadigers wie se aansoeke op sy tafel beland het.
“Ek sal nie wil sê die vorige minister (Ronald Lamola) het nie sy werk gedoen nie, maar die feite spreek vanself.
.“Toe ek op 3 Julie verlede jaar as minister aangestel is, het ek 495 aansoeke by hom geërf en ek het dit binne drie maande weggewerk. Daar het intussen nog 204 aansoeke op my tafel beland, maar ek bly op datum.”
.Volgens Groenewald het hy slegs sewe uit die 700 aansoeke goedgekeur.
“Ek vra myself af wat is die risiko van heroortreding en of ek in ’n hof regverdiging vir my besluit kan gee.
“As die aansoeker hof toe gaan en die hof laat hom op parool vry, dan is die onus op die hof, nie op my as minister nie.”
.Volgens Groenewald het hy onder meer nege aansoeke van plaasmoordenaars afgekeur nadat die paroolraad en die Nasionale Raad van Korrektiewe Dienste aanbeveel het dat hulle op parool vrygelaat word.
.“Ek wil dit baie duidelik stel dat hul aansoeke nie afgekeur is bloot omdat hulle plaasmoorde gepleeg het nie. “Dit is op geregverdige meriete afgekeur omdat die risiko groot is dat hulle weer misdade sal pleeg.”
.Hy sê hy bestudeer die risiko-ontleding vir elke aansoeker in verslae van onder meer sielkundiges en maatskaplike werkers.
Die wet bepaal dat die minister die finale besluit oor parool moet neem in gevalle waar mense lewenslange gevangenisstraf opgelê is.
.Groenewald het al vroeër gesê daar is probleme met die paroolstelsel en dat dit ondersoek moet word.
.Hy het die paroolrade gekritiseer oor hul onlangse besluite om die veroordeelde moordenaars Marius van der Westhuizen en Najwa Petersen se paroolaansoeke toe te staan.
.Van der Westhuizen het sy drie kinders in 2006 vermoor en Petersen was die baasbrein agter die moord op haar man, die kunstenaar Taliep Petersen, in 2006.
.Van der Westhuizen en Petersen is nie lewenslange gevangenisstraf opgelê nie, maar as minister het Groenewald die bevoegdheid om te vra dat die paroolhersieningsraad hul parool hersien.
.In al twee gevalle het die paroolhersieningsraad hul aansoeke op hersiening afgekeur.
Groenewald sê hy het wel onlangs drie Mosambiekers en twee Zimbabwiërs van in die 60 en 70 se parool goedgekeur. Die gevangenes was al tussen 20 en 30 jaar in die tronk.
.’n Deportasiebevel is onmiddellik uitgereik sodat hulle gedeporteer kan word die oomblik dat hulle uit die tronk stap, sê Groenewald.
“Die belastingbetaler spaar baie geld hierdeur. Jy moet onthou dit kos die belastingbetaler R763 per dag vir elke gevangene.”
.Volgens Groenewald beteken dit egter nie dat misdadigers vrygelaat kan word net om geld te bespaar of omdat die tronke vol is nie.
.“Parool moet op meriete beoordeel word en die risiko van heroortreding is ontsettend belangrik wanneer sulke besluite geneem word.”
.Toe hy net minister geword het, was daar ’n geval waar ’n aansoeker die hof genader het om die minister te dwing om ’n besluit te neem. Hy moes binne twee weke antwoord, anders sou hy in die hof moes verskyn vir minagting van die hof. “Gelukkig het die stelsel dit opgetel en het ek toe onmiddellik ’n besluit geneem.”
2025-01-28 at 10:43 #460787Cin CoyParticipantI watched a video today on U Tube about how bad it is getting there. I’m trying to me nice .. Will f them ass holes.
2025-01-28 at 16:22 #460829Nat QuinnKeymasterGetting real bad my friend.
-
AuthorPosts
Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
- You must be logged in to reply to this topic.