More almal. In die Oos Kaap was daar gisteraand weer n plaasaanval. Die bejaarde paartjie is aangeval en gedwing om kontant oor te plaas na die aanvallers se rekeninge. Die bejaarde Oom is vasgemaak en gelos vir dood n hele ent van die huis af. SAPS K9 kollegas het die bejaarde oom genadiglik gekry en kon sy lewe red vanoggend baie vroeg.
Die 2 aanvallers was Malawiers wat op die plaas gewerk het. Een is gerarresteer , 2de een het weggehardloop.Dit is presies dieselfde modus operandi as 2 jaar gelede gevolg is in die Noord Kaap.
Geliewe asseblief die landbouers weereens bewus te maak dat enige buitelander wat vir jou werk, n risiko skep vir homself en al sy bure in die omgewing.
Daar bestaan nie so iets dat sekere buitelandse nasionaliteite nie betrokke is by misdaad nie.
Ons doen daagliks integriteitsteits toetse en die buitelanders is betrokke by misdaad, ongeag self betrokke of inligting uitgee.
Die gevaar met buitelanders is dat hulle nie opgespoor kan word deur SAPS nie, agv geen familie verbintenis in SA.
Die buitelanders is betrokke by Veediefstalle, gewapende rowe, plaasaanvalle, koperdraad diefstal en en en.
Ons kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is dat alle werknemers reg gedokumenteer is, vingerafdrukke geneem is en kriminele rekord nagegaan word nie.
Elke werknemer se selfoon/fone wat hy/sy oor beskik gedokumenteer en ook familie en verwysings nagegaan word nie.
Groete
Jurg Kruger
SAPIS/Syntell Agri