Loving Life TV

12-jarige tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet | Maroela Media

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ 12-jarige tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet | Maroela Media

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #423610
    Nat Quinn
    Keymaster

    12-jarige tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet | Maroela Media

    ʼn 12-jarige seun is Saterdag tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Bapsfontein, Gauteng, geskiet. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
    Llewellyn Hemmens, AfriForum se streekshoof vir veiligheid in die Noordstreek, sê rowers het die middag omstreeks 13:00 toegeslaan. “Vyf swaar gewapende mans het met twee voertuie, ʼn swart Mazda 3 met ʼn Mosambiekse nommerplaat en ʼn wit BMW 1-reeks, opgedaag. Hulle het van daar af in die huis inbeweeg.”
    Die mans het op die 12-jarige seun in die huis afgekom en hom met ʼn haelgeweer geskiet.
    “Werkers het gesê hulle het drie skote gehoor, maar dit is nog nie bekend hoeveel keer die seun geskiet is nie.”
    Die seun was saam met sy ma in die huis. Sy is ongedeerd.
    Die aanvallers het met ʼn paar selfone en skootrekenaars van die toneel weggejaag.
    Hemmens sê die polisie het baie vinnig reageer.
    “Die ma het met haar seun na die hospitaal gejaag. Hy het vermoedelik in die hospitaal aan sy wonde beswyk.”
    Die seun se pa was by die werk. Hy het ʼn vragmotor bestuur en het gereël dat iemand die vragmotor by hom oorneem, sodat hy dadelik na die hospitaal kon gaan.
    “Ek was vanoggend op die toneel,” voeg Hemmens by. Volgens hom was dit ʼn baie bloederige toneel.
    “Dit is ʼn verskriklike traumatiese gebeurtenis vir die gesin en die nuus het die hele gemeenskap geruk. Ons het vir die gesin traumaberading aangebied.”
    Maroela Media het navraag gedoen by die polisie en wag vir terugvoer.

    https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/12-jarige-tydens-kleinhoewe-aanval-doodgeskiet/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.