Loving Life TV

AANVAL EN HUISROOF OP PAARTJIE IN PLAASGEBIED

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ AANVAL EN HUISROOF OP PAARTJIE IN PLAASGEBIED

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #410558
    Nat Quinn
    Keymaster

    GEORGE NUUS – ‘n Getroude paartjie, wat in ‘n landelike gebied buite George woon, is gisteraand, 29 Junie, kort voor 20:00 in hul huis deur vier mans aangeval en beroof.

    Volgens iemand na aan die slagoffers, is die man gisteraand in Mediclinic George se intensiewesorgeenheid opgeneem met skedelbreuk en die vrou is behandel vir ‘n gebreekte arm.

    “Die man is blykbaar met ‘n slotsnyer [bolt cutter] oor die kop geslaan. Ek is nie seker oor sy toestand op die oomblik nie,” het die bron gesê.

    “Die vrou het die oomblik toe sy die kans kry, weggehardloop, maar sy het gestruikel op pad na die bure toe, en het op haar arm geval en dit gebreek. Beide is gisteraand in die teater vir hul beserings behandel.”

    Die paartjie was blykbaar besig om aandete te eet by hul huurhuis op ‘n kleinhoewe, agter George-kwekery op die R102 (Ou Lughawepad), toe vier mans met balaklawas en handskoene, twee slotsnyers en ’n koevoet by die voordeur inloop.

    “Hulle is in die slaapkamer vasgebind, en die deur is toegemaak,” het die bron gesê. “Die mans het twee selfone, twee skootrekenaars, ‘n televisie en kontant uit die slagoffers se beursies gesteel. Dit is waarvan ons weet. Daar is moontlik ander goed ook weg. Hulle het die simkaarte van die selfone langs ‘n plas bloed gegooi.”

    Sedert die voorval gisteraand het verteenwoordigers van verskeie buurt- en plaaswagte die area gefynkam met honde, op soek na die aanvallers.

    “Daar was sowat 40 mense wat gister gesoek het, en hulle is steeds besig,” het die bron gesê. Kommentaar van die polisie oor die voorval word afgewag en sal gedeel word sodra dit ontvang is.

    “Dit is die eerste keer wat so iets met hulle [die egpaar] gebeur. Hulle het vyf klein hondjies, maar daar was nie ‘n waarskuwing wat ek van weet nie. Hulle woon nie eens naby die pad nie. Dit is sowat 500 m van hul huis na die pad,” het die bron gesê.

    “Die mense in George moet meer waaksaam wees. George is nie meer die George van jare gelede nie, dit is nie meer net ‘n vakansiedorp of aftreedorp nie.”

     

    Aanval en huisroof op paartjie in plaasgebied | George Herald

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.