Loving Life TV

Bejaarde man ernstig tydens plot-aanval beseer

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Bejaarde man ernstig tydens plot-aanval beseer

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #420850
    Nat Quinn
    Keymaster

    GROOT-BRAKRIVIER, WES-KAAP. – ‘n Bejaarde man (76) is vermoedelik Sondag 17 September 2023 op sy plot op Rheeboksfontein op die Friemersheimpad aangeval en ernstig beseer.

    Lt.kol. Malcolm Pojie sê ‘n persoon wat glo ‘n afspraak met die bejaarde gehad het, het onraad vermoed toe hy op die eiendom aankom en die hek oop vind.

    Met aankoms by die woning het hy glo gevind die motorhuisdeur is oopforseer en ‘n motorvoertuig, ‘n Opel Astra-stasiewa met registrasienommer CAW 32187, is vermis.

    Hierna het hy glo opgemerk die oop kombuisdeur is met bloedvlekke besmeer, waarna hy die polisie ontbied het.

    Met aankoms op die toneel is die bejaarde, wat skaars by sy bewussyn was en nie kon praat nie, met gapende kopwonde aangetref. Hy is deur paramedici op die toneel behandel voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

    Buiten die voertuig is nog eiendom wat ‘n selfoon insluit, vermis.

    Forensiese deskundiges het Maandag die misdaadtoneel, waarvan die motief roof en diefstal van ‘n motorvoertuig blyk te wees, vir leidrade gefynkam.

    Sake van huisroof en diefstal van ‘n motorvoertuig word ondersoek en enigiemand met inligting word versoek om met die polisie van Groot-Brakrivier in verbinding te tree.

     

    source:Bejaarde man ernstig tydens plot-aanval beseer (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.