Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Bejaarde met ‘huisroof’ vir dood agtergelaat -geskryf Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #463607
    Nat Quinn
    Keymaster

    Bejaarde met ‘huisroof’ vir dood agtergelaat -geskryf Deur Wanda Olivier

    KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou (74) is Maandag in Foresthaven, Phoenix, aangeval en vir dood agtergelaat.

    KZN VIP Protection Services sê die aanval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en kommer oor misdaad in hierdie woongebiede laat ontstaan. Dié diens is vir hulp deur bure van die bejaarde gebel.

    Na bewering is die slagoffer deur ‘n verdagte vasgebind en in die badkamer toegemaak, voordat hy die huis geplunder het. Die slagoffer het haarself probeer loswikkel en probeer ontsnap en vir hulp geroep, waarna die verdagte haar glo beetgekry en brutaal aangerand het. Die verdagte het ontsnap voordat ander inwoners die slagoffer te hulp kon snel.

    KZN VIP se reaksiebeamptes het noodhulp op die toneel toegepas, totdat ‘n ambulans opgedaag het. Die bejaarde is deur die diens se ambulans-paramedici gestabiliseer en daarna vir verdere behandeling na ‘n mediese fasiliteit vervoer.

    Die polisie was op die toneel teenwoordig en ondersoek die insident. Owerhede vra enigiemand met relevante inligting wat kan help om die verdagte vas te trek, om na vore te kom.

     

    source:Bejaarde met ‘huisroof’ vir dood agtergelaat – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.