Loving Life TV

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Bejaarde van plot-aanval oorlede-opvolging

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #422227
    Nat Quinn
    Keymaster

    GROOT-BRAKRIVIER. – Colin Bone (76), wat op Sondag 17 September tydens ‘n huisroof op ‘n plot aangeval en die Maandag met ‘n kopbesering in sy huis aangetref is, is oorlede.

    Sers. Christopher Spies het aan FiND iT bevestig Bone is Maandag in ‘n hospitaal oorlede. ‘n Nadoodse ondersoek is Donderdag gedoen om die oorsaak van sy dood vas te stel. Die uitslag van die nadoodse ondersoek, wat afgewag word, sal bepaal of die klagte op die dossier dienooreenkomstig aangepas sal word.

    Sers. Christopher Spies sê samewerking met die polisie het hierdie sukses tot gevolg gehad, toe sy Sy beweerde aanvaller (28) is in hegtenis geneem en sy vermiste voertuig teruggevind is.

    Ondersoekwerk in die saak het na Villiersdorp gelei waar gemeenskapslede wat Woensdagaand op patrollie was die vermiste Opel Astra opgemerk het. Dit was naby die polisiestasie met drie slapende insittendes parkeer.

    Die polisie is ontbied, waarna die bestuurder vir diefstal van ‘n gesteelde voertuig in hegtenis geneem is en positief met die huisroof op Groot-Brakrivier gekoppel is.

    Die verdagte sal na verwagting vandag in die Groot-Brakrivier-landdroshof op aanklagte van huisroof en diefstal van ‘n motorvoertuig verskyn.

    Ondersoek duur voort om vas te stel of die verdagte aan nog soortgelyke sake in die area gekoppel kan word.

    FiND iT het aanvanklik berig n bejaarde man is vermoedelik Sondag 17 September 2023 op sy plot op Rheeboksfontein op die Friemersheimpad aangeval en ernstig beseer.

    Lt.kol. Malcolm Pojie sê ‘n persoon wat glo ‘n afspraak met die bejaarde gehad het, het onraad vermoed toe hy op die eiendom aankom en die hek oop vind.

    Met aankoms by die woning het hy glo gevind die motorhuisdeur is oopforseer en ‘n motorvoertuig, ‘n Opel Astra-stasiewa met registrasienommer CAW 32187, is vermis.

    Hierna het hy glo opgemerk die oop kombuisdeur is met bloedvlekke besmeer, waarna hy die polisie ontbied het.

    Met aankoms op die toneel is die bejaarde, wat skaars by sy bewussyn was en nie kon praat nie, met gapende kopwonde aangetref. Hy is deur paramedici op die toneel behandel voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

    Buiten die voertuig is nog eiendom wat ‘n selfoon insluit, vermis.

    Forensiese deskundiges het Maandag die misdaadtoneel, waarvan die motief roof en diefstal van ‘n motorvoertuig blyk te wees, vir leidrade gefynkam.

    Sake van huisroof en diefstal van ‘n motorvoertuig word ondersoek en enigiemand met inligting word versoek om met die polisie van Groot-Brakrivier in verbinding te tree.

    Bron: SAPD

     

    bron:Bejaarde van plot-aanval oorlede (find-it.co.za)

     

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.