Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Bejaarde vir R20 se skuld verkrag en vermoor Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #463045
    Nat Quinn
    Keymaster

    LIMPOPO. – ‘n Vrou (70) is op 15 Julie 2023 in haar huis vir skons wat sy vir R20 op skuld gekoop het, deur Tebogo Gwangwa (28) verkrag en vermoor. Gwangwa is deur die Mahwelereng-streekshof tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

    Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê Gwangwa het die bejaarde se huis binnegegaan, haar klere met geweld verwyder en haar verkrag. Uit vrees dat sy hom sou herken, het hy haar verwurg. Gwangwa het sedertdien van owerhede gevlug, maar is op 27 Augustus 2024 gearresteer. Hy het op die aanklagte van moord en verkragting teen hom skuldig gepleit. Hy is ook met DNS-bewyse aan die toneel verbind. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

    Morris Thanyana, die staatsaanklaer in die saak, het tydens vonnisoplegging aangevoer die oorledene se reg op lewe en respek, asook weerloosheid as ‘n bejaarde, is geskend en uitgebuit. Hy het benadruk die misdade is in haar eie huis, waar sy veilig moes voel, gepleeg. Gwangwa het eers onskuldig gepleit, maar nadat DNS hom aan die misdaad verbind het, het hy skuldig gepleit. Thanyana het vir die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf gevra.

     

    source:Bejaarde vir R20 se skuld verkrag en vermoor – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.