Bejaarde vrou brutaal in huis vermoor
NOORD-KAAP. – ‘n Vrou (76) se onthoofde liggaam is Maandagoggend in haar huis in Chris Hani Park, in Galeshewe, Kimberley, aangetref.
Lt.kol. Sergio Kock sê die oorledene se liggaam is omstreeks 07:00 deur haar familie ontdek, waarna die polisie ontbied is. Die koplose liggaam van die vrou is op die eetkamervloer gevind.
Kock het aan Nuusflits bevestig ‘n verdagte (35) is Dinsdag, omstreeks 19:15 op beskuldiging van die brutale moord deur provinsiale ernsrige en geweldsmisdaadeenheid vir moord en roof in hegtenis geneem. Enigiemand met relevante inligting om speur. adj.off Patrick Dibebe by 060 861 6893 te kontak
BRON:Bejaarde vrou brutaal in huis vermoor – Nuusflits