Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Bejaarde vrou tydens huisroof aangerand

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #423722
    Nat Quinn
    Keymaster

    KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou is verlede Donderdag tydens ‘n huisroof aangerand. Sy en haar huiswerker is by haar huis in Deepdalerylaan, Avoca oorval.

    Swift Private Security het oproepe van ‘n huisroof ontvang. Met aankoms is aan reaksiebeamptes verduidelik vier gewapende verdagtes het in ‘n grys VW Polo opgedaag, die eiendom binnegegaan en die huis geplunder. Die booswigte het met juwele en ander besittings van die toneel gevlug.

    ‘n Reaksiebeampte van ‘n ander maatskappy het tydens die huisroof opgedaag en die verdagtes gekonfronteer, waarna hy ook beseer is en sy vuurwapen en ander besittings gesteel is.

    ‘n Ambulans is ontbied om die bejaarde vrou en sekuriteitsbeampte te behandel. Berading is vir die familie gereël.

    Greewood Park-polisie ondersoek die voorval.

    Bron: Swift Private Security

     

    BRON:Bejaarde vrou tydens huisroof aangerand (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.