Die nasionale woordvoerder van Cope, Dennis Bloem het uit sy pos bedank.
Volgens Bloem kan hy nie meer by die party staan wanneer daar so baie probleme binne Cope is nie. Daar is die afgelope paar maande verskeie faksiegevegte binne die party met die leier, Mosiuoa Lekota en sy adjunk, Willie Madisha wat daarby betrek word.
Madisha is onlangs uit die party verwyder. Bloem meen Lekota en sy ondersteuners het Madisha onwettig uit die party en die parlement verwyder.
“Ek kan nie meer stil bly, terwyl verkeerde dinge binne Cope gebeur nie. Ek sal môre ‘n mediakonferensie hou om my besluit te verduidelik.” Hy sê hoewel hy uit Cope bedank sal hy nié die politiek verlaat nie.
Toe Cope in 2008 gestig is kon hulle tydens 2009 se verkiesing 30 setels in die parlement behaal. Teen 2019 het hulle slegs twee setels gehad, een vir Madisha en een vir Lekota.
source:Cope se woordvoerder, Dennis Bloem bedank uit die party – Pretoria FM