Loving Life TV

Devon Hofmeyr sê hy het bedank-Deur Wanda Olivier

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Devon Hofmeyr sê hy het bedank-Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #450865
    Nat Quinn
    Keymaster

    Devon Hofmeyr sê hy het bedank-Deur Wanda Olivier

    Devon Hofmeyr het na ‘n baie kort loopbaan as jeugleier van die UIM gesê hy het Saterdag bedank.

    Hofmeyr vra sy mense en die UIM vir wie hy teleurgestel het om verskoning en sê hy moet sy “gretigheid om te dien” teen sy “gebrek aan ervaring” opweeg.

    Dit volg nadat hy deur die party geskors is hangende ‘n ondersoek om vas te stel of hy die grondwetlike gedragskode oortree het.

    Die skorsing het gevolg nadat Hofmeyr saam met Nikita Joubert, sy meisie, ‘n MK-partydinee van Jacob Zuma bygewoon het. Louis Liebenberg was ook teenwoordig.

    Lees Hofmeyr se volledige plasing oor sy bedanking hier onder:

    Vandag 10:40 het ek offisieel bedank as jeugleier by die UIM.

    Ek moet vandag my ‘gretigheid om te dien’ opweeg teen my ‘gebrek aan ervaring’. Dit het ek by my mense, my vriende en my familie geleer, die Christelike waarde dat niemand te goed is om verskoning te vra of bo vergifnis verhewe is nie.

    Ek vra om verskoning vir enige teleurstelling wat ek dalk vir my mense en veral die UIM veroorsaak het. Dit was nooit my bedoeling om tekort te skiet aan enige van hulle verwagtinge nie.

    Dankie Nikita Joubert dat jy die grootste steunpilaar in my lewe is. Ek is jammer dat jy deur hierdie walglike aanvalle en dreigemente moes gaan. Toe ek jou 5 jaar terug ontmoet het en vertel het van hierdie stryd en my eerste woorde was ‘Dié is nie maanskyn en rose nie’. Vandag verstaan jy hoekom. Ek’t jou lief.

    Ek glo, bid en vertrou dat elkeen van julle jul lewe sal toewy aan die stryd vir vryheid en sukses van die mense van Suid-Afrika. Ek is opgewonde vir wat vir my voorlê.

    Dankie aan diegene wat nog saam met my staan. Dankie vir 9 jaar se bloed, sweet en trane.Ons was nooit belowe dat hierdie ‘n maklike pad sou wees of gaan wees nie. Solank die einddoel duidelik voor ons is, is ek bereid om enige berg te klim al val ek hoe hard.

    Devon Hofmeyr

     

    source:Devon Hofmeyr sê hy het bedank – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.