Loving Life TV

“DIE ANC HET NET R100 000 IN DIE BANK”

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM “DIE ANC HET NET R100 000 IN DIE BANK”

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #431099
    Nat Quinn
    Keymaster

    Ezulweni Investments – die maatskappy wat in ’n hofstryd met die ANC gewikkel is oor uitstaande skuld – het bevind dat die regerende party se gesamentlike bankrekeninge minder as R100 000 bevat.

    Die maatskappy eis meer as R140-miljoen wat die ANC aan hom verskuldig is – dié bedrag sluit rente en kostes in.

    Dié onthulling volg ‘n dag nadat die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, gesê het die ANC het die geld, maar het verkies om nie te betaal nie as ‘n kwessie van “beginsel”.

    Volgens Ezulweni het die beslaglegging van die ANC se rekeninge en bates verlede week aan die lig gebring dat die party elf-duisend-nege-honderd rand in een rekening het, vier-en-veertig-duisend in ‘n ander en net ‘n paar honderd rand in ‘n derde rekening.

    Die maatskappy het die ANC tot aan die einde van vandag kans gegee om met die agterstallige geld vorendag te kom voordat hy – hangende ‘n beslissing deur die Grondwethof – voortgaan om die party te likwideer.

     

    BRON:“Die ANC het net R100 000 in die bank” – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.