Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ “EFF-VELDTOG OM KOLONIALE GEDENKTEKENS TE VERWYDER IS OPPORTUNISTIES”

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430948
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die VF Plus sê hy beskou die EFF se jongste veldtog om alle koloniale standbeelde en gedenktekens in die Nelson Mandelabaai-metro te verwyder, as blote politieke opportunisme.

    Die party se raadslid in die metro, Bill Harrington sê die EFF gaan tydens ʼn raadsvergadering van die NMBM ʼn mosie indien om onder meer die Prestor John-gedenkteken, die standbeeld van koningin Victoria, die Anglo-boereoorlog gedenkteken en die portrette van voormalige wit burgemeesters, te verwyder.

    Harrington meen hierdie mosie is blote politieke opportunisme van die EFF wat gewoonlik voor verkiesingstyd op die voorgrond wil tree.

    Hy sê net omdat mense nie van ‘n gedeelte van die geskiedenis hou nie, beteken nie dit kan verwyder word nie.

    “Dit is nog altyd die VF Plus se standpunt dat die geskiedenis nie weggewens kan word met die verwydering van standbeelde of gedenktekens nie. Daar kan eerder nuwe standbeelde en gedenktekens bygevoeg word om almal se geskiedenis uit te beeld,” sê Harrington.

     

    BRON:“EFF-veldtog om koloniale gedenktekens te verwyder is opportunisties” – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.