Ernst Roets, die nou voormalige beleidshoof van die Solidariteit Beweging, is opgewonde oor die volgende hoofstuk wat vir hom voorlé nadat hy na twee dekades sy skoene by die instansie opgehang het.
Roets het sy bedanking na 20 jaar in die beweging in ‘n openbare verklaring op sosiale media gedeel. Hy voel hy kan meer vir mense buite Solidariteit doen.
Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum sê: “Ernst, op ’n persoonlike vlak wil ek jou bedank vir jou rol en harde werk, en vir die groot bydrae wat jy eers by AfriForum en later by die Solidariteit Beweging gemaak het. Jy laat ’n leemte. Ek wens jou en jou wonderlike gesin sterkte en sukses toe op julle toekomspad. Baie dankie vir die goeie wense in jou boodskap aan AfriForum, die Solidariteit Beweging en ons span.”