Loving Life TV

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM ESKOM BESTEE MEER AS R24-MILJARD IN AGT MAANDE AAN DIESEL

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430394
    Nat Quinn
    Keymaster

    Eskom het in die agt maande tot einde November R24,3-miljard aan diesel vir sy oopsiklusgasturbines bestee.

    Dit dui daarop dat die laer fases beurtkrag in Oktober grootliks deur oopsiklusgasturbines aangedryf is wat baie harder en meer gereeld gewerk het.

    Hoër fases word sedert middel November ingestel om vermoedelik diesel te bespaar. Eskom het vir die huidige boekjaar tot einde Maart 2024 R27,9 miljard vir diesel begroot, dit is sowar R2,3-miljard per maand. Daar is egter slegs sowat R3,6-miljard oor vir die byna vier maande tot einde Maart.

    Die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa het intussen al herhaaldelik gesê dat die koste van diesel onbenullig is vergeleke met die skade wat beurtkrag aan die ekonomie aanrig en dat geld vir diesel gevind sal word, soos wat dit nodig is.

    Volgens die ESP-toepassing se data was daar – teen vanoggend 11:00 – vanjaar al 6 663 ure se beurtkrag ingestel.

    Volgens die toepassing kos die diesel om die land se ligte aan te hou tans sowat R100-miljoen per dag.

     

    BRON:Eskom bestee meer as R24-miljard in agt maande aan diesel – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.